Verskil tussen weergawes van "Saint-Étienne"

k
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: ms:Saint-Étienne)
Die gebeure in verband met die Honderdjarige Oorlog met Engeland het Saint-Étienne nie gespaar nie, en die klooster Valbenoîte is in [[1359]] deur Engelse ''Tard-Venus'' geplunder. Om hierdie soort invalle af te weer het die ab Hugues de Torrenche die dorp laat versterk.
 
Die dorp was destyds ringsomrondom die Groot Kerk (Frans: ''Grande Église'') geleë en deur 'n stadsmuur beskerm. Die ''Tour de la droguerie'' op die huidige ''Place du Peuple'' ("Volksplein") is in die [[16de eeu]] digby die ou stadspoort opgerig.
 
Met die vestiging van nuwe inwoners het die versterkte dorp te klein geraak, en 'n voorstad het ringsom die stadsmuur begin uitbrei. Teen die einde van die [[15de eeu]] het die bevolking reeds tot meer as 3 000 mense gegroei.