Verskil tussen weergawes van "Veldslag van Thermopylai"

Geen grootteverandering nie ,  9 jaar gelede
sp
k (Slag van Thermopylae geskuif na Slag van Thermopylai: verwys CA van Rooy, 1980)
(sp)
[[Beeld:Battle of Thermopylae and movements to Salamis, 480 BC.gif|thumb|300px|Die Slag van ThermopylaeThermopylai]]
 
Die '''Slag van ThermopylaeThermopylai''' was 'n veldslag wat in 480 v.C. plaasgevind het tussen die alliansie van [[Griekeland|Griekse]] stadstate aan die een kant en die [[Persiese Ryk|Perse]] onder leiding van [[Xerxes I]]. Daar bestaan heelwat omstredenheid oor die grootte van die slag en Griekse bewerings oor die grootte van die Persiese magte is waarskynlik heelwat oordrewe.
 
== Griekse beweringe ==
Die Griekse stadstate het hul magte versamel onder leiding van die [[Sparta]]ne, wie se soldate as die bes opgeleide soldate ter wêreld van daardie tydperk beskou is. Op grond van godsdienstige en politieke oorwegings kon die Griekse leër nie op sy volle sterkte reken nie. [[Leonidas]] het die uitkoms van die slag voorsien en het daarom 300 [[hopliete]] gekies op voorwaarde dat hierdie manne seuns gehad het wat oud genoeg was om hulle verantwoordelikhede teenoor hulle families by hulle vaders oor te neem. Die Griekse leër het in totaliteit uit ongeveer 4000 man bestaan. Volgens [[Herodotus]] het Xerxes meer as 3 miljoen man gehad. Dit was natuurlik 'n oordrewe getal maar die feit bly staan dat die Grieke by verre in die minderheid was.
 
Leonidas het 'n nou pas in die berge by [[ThermopylaeThermopylai]] gekies om die Perse se opmars te stuit. Op daardie tydstip was die pas so nou dat slegs twee strydwaens met moeite langs mekaar deur die pas kon ry. Aan die een kant van die pas was 'n styl berghelling en aan die ander kant 'n styl krans.
 
== Die veldslag ==
Toe die Perse die lyk van Leonidas vind het Xerxes uit woede oor sy swaar verliese die lyk onthoof en gekruisig. Dit was nie die gewone gebruik by die Perse nie, wat gewoonlik hul vyande wat dapper geveg het met respek behandel het, soos in die geval van [[Pytheas]] wat by [[Skyros]] gevange geneem is.<ref>Sien Herodotus [http://www.perseus.tufts.edu/cgi-bin/ptext?doc=Perseus%3Atext%3A1999.01.0126&layout=&loc=7.181.1 VII,181]</ref> Xerxes was bekend vir sy woede uitbarstings en het byvoorbeeld met die oorsteek van die Hellespont die water geskel omdat dit hom nie wou gehoorsaam nie.<ref>Herodotus 7.35.</ref>
 
Die militêre betekenis van ThermopylaeThermopylai was beperk; maar ThermopylaeThermopylai het egter by westerse geskiedskrywers die status verkry as 'n goeie voorbeeld van 'n heldhaftige neerlaag. Dit was egter nie 'n keerpunt in die oorlog nie en dit kon ook nie voorkom dat Athene deur die Perse geplunder is nie. Dit het egter die bevolking genoeg tyd gegun om na die naburige eiland Salamis te vlug, waar daar 'n kort tydjie later die beslissende [[Slag van Salamis|seeslag]] sou plaasvind.
 
Na die oorlog, toe die Perse verslaan en verdryf is, het die Grieke hul dodes versamel en op die heuwel begrawe. Daar is 'n gedenksteen opgerig ter herdenking van Leonidas. Veertig jaar na die slag is Leonidas se liggaam van ThermopylaeThermopylai na Sparta geneem, waar hy met militêre eer begrawe is.
 
== Film ==
9 008

wysigings