Verskil tussen weergawes van "Antoine Lavoisier"

Geen grootteverandering nie ,  9 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(taaldetail)
k
Weens sy regstudies raak Lavoisier by die politiek betrokke. Daardeur kry hy op 26 jaar ouderdom werk by 'n ''Ferme Général'', of "Algemene Plaas", 'n (staats)bedryf wat baie winsgewend is maar ook gehate, vanwee die belastings wat gehef word. Lavoisier poog om die monetêre stelsel en die belastingstelsel te hervorm. In sy werk vir die Franse (koninklike) outoriteite neem hy deel aan die ontwikkeling van die [[metrieke stelsel]] om die uniformiteit van de mate en gewigte in Frankryk te bevorder.
 
Hy was een die 28 vernaamste belastinggaarders van die "Ancien Régime" (ou bedeling) gewees en in 1794 in die tyd van die [[Franse rewolusie|rewolusionêre]] skrikbewind is dit teen hom gebruik om hom te veroordeel tot die guillotine. [[Jean Paul Marat]], 'n fanatieke en invloedryke rewolusionêr (en minder suksesvolle wetenskaplike) was sy vyand en het hom as "vyand van die rewolusie" aangekla, moontlik omdat Lavoisier een van Marat se ontdekkings verwerp het. Net anderhalf jaar na sy dood het die Franse regering teenoor Lavoisier se vrou erken dat díedié veroordeling ongeregtig was.
 
9 744

wysigings