Verskil tussen weergawes van "Moksja (begrip)"

1 195 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
vertaal verkryging
(vertaal verkryging)
===Dvaita/Wisjista-dvaita===
In die [[Dvaita]] (dualisme) en [[Wisjista-dvaita]] (gekwalifiseerde [[monisme]]) skole van die [[Waisjnawisme|Waisjnawa]]-tradisies, word moksja gedefinieer as die minsame, ewige unie met god ([[Isjwara]]) wat as die mees volmaakte bestaan geag word. Die ''bhakta'' (toegewyde) behaal die verblyfplek van die opperheer in ‘n vervolmaakte toestand, maar behou sy of haar indiwiduele identiteit, met ‘n vergeestelike vorm, persoonlikheid, smake, tydverdrywe, ensomeer.
 
===Verkryging van moksja===
In Hindoeïsme, is ''[[Djnana|atma-djnana]]'' (selfbesef) die sleutel tot die verkryging van moksja. Die Hindoe is iemand wat een of meer vorme van Joga beoefen - [[Bhakti Joga|Bhakti]], [[Karma Joga|Karma]], [[Djnana Joga|Djnana]], [[Radja Joga|Radja]] – wetend dat god onbeperk is en in vele verskillende vorme bestaan, beide persoonlik en onpersoonlik.
 
Daar word geglo in vier [[Joga|Jogas]] (dissiplines) of ''[[marga]]s'' (weë) vir die verkryging van moksja. Dit is naamlik: werksaamheid vir die opperwese ([[Karma Yoga]]), besef van die opperwese ([[Djnana Joga]]), meditering oor die opperwese ([[Radja Joga]]) en diens aan die opperwese in misname toewyding ([[Bhakti Joga]]). Verskillende skole in [[Hindoeisme]] plaas verskillende klem op een pad of die ander, waarvan enige van die beroemdstes die [[Tantra|tantriese]] en [[Joga|jogiese]] praktyke is, wat elke in [[Hindoeisme]] ontwikkel is.
 
Wedanta-benaderings word verdeel tussen streng nie-dualiteit (''[[advaita]]''), nie-dualiteit met kwalifikasie (soos ''wisjisjta-dvaita''), en dualiteit (''dvaita''). Die sentrale middel tot moksja wat deur hierdie drie vertakkings aanbeveel word, verskil.
 
==Verwysings==
9 870

wysigings