Verskil tussen weergawes van "Moksja (begrip)"

1 039 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
vertaal par
(vertaal par)
(vertaal par)
 
# Advaita Wedanta beklemtoon Djnana Joga as die deurslaggewende middel waardeur moksja behaal word, en ander jogas (soos Bhakti Joga) as middels tot die kennis waardeur moksja verkry word. Dit fokus op die kennis van Brahman soos verskaf deur tradisionele Wedanta-literatuur en die leringe van die stigter darvan, [[Adi Sjankara]].<ref>Anantanand Rambachan, ''The limits of scripture: Vivekananda's reinterpretation of the Vedas.'' University of Hawaii Press, 1994, bladsye 125, 124: [http://books.google.com/books?id=b9EJBQG3zqUC&pg=PA124&dq=brahma+as+opposed+to+brahman&lr=#PPA124,M1].</ref> Deur onderskeiding van die werklike en onwerklike, sal die ''sadhak'' (beoefenaar) die ''[[maja (illusie)|maja]]'' ontrafel, en tot die besef kom dat die waarneembare wêreld onwerklik en nie-permanent is, en dat die bewussyn die enigste werklike bestaan is. Hierdie intellektuele besef was moksja, dit was ''atman'' en ''Brahman'' gerealiseer as die substansie en ontdaan van bestaansdualiteit. Die persoonsontdane skole van Hindoeïsme aanbid ook verskeie godhede, maar slegs as ‘n middel tot hierdie begrip – dat beide dié wat aanbid word, en dié wat aanbid hul indiwiduele identiteite verloor.
# Nie-dualistiese skole sien god as die mees aanbiddelike liefdesobjek, byvoorbeeld ‘n verpersoonlikde monotheistiese konsepsie van [[Sjiwa]] of [[Visjnoe]]. Anders as Abrahamiese tradisies, verhoed Advaita/[[Smartha]]-hindoeïsme nie die aanbidding van ander aspekte van god nie, aangesien hulle almal gesien word as strale vanaf ‘n enkele bron. Die konsep is effektief een van ‘n toegewyde diens in liefde, aangesien die ideale wesensnatuur gesien word as dié van harmonie, [[eufonie]], waarvan die gemanifesteerde wese liefde is. Deur jouself te omhul in die liefde vir god, word jou [[karma]] (hetsy goed of sleg) tersydegestel, jou denkbeelde omtrent wesens laat vaar, en word 'waarheid' gou bekend en gelewe. Beide dié wat aanbid word, en dié wat aanbid doen geleidelik afstand van hul denkbeeldige sin vir verwydering en slegs éen bo alle name bly staande.
 
‘n Persoon moet moksja op sy of haar eie verkry, met die leiding van ‘n goeroe. ‘n [[Goeroe]] of ‘n ''[[siddha]]'' inspireer maar tree nie tussenbeide nie.
 
==Verwysings==
9 870

wysigings