Verskil tussen weergawes van "Groot-Visrivier"

616 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
 
Die rivier vloei in die algemeen die hele jaar lank op natuurlike wyse al is die oorsprong van die rivier in 'n droë gebied en die vloei kan redelik traag wees sonder die eb en vloei van die seegety. Water van die [[Oranjerivier]]stelsel kan egter nou gebruik word om die rivier se loop tydens droë tye aan te vul. In die 1970's het die [[Oranjerivierprojek]] water van die Oranjerivier, deur die Visrivier, vir landbou- en nywerheidsgebruik na die Oos-Kaap gebring. Die tonnel wat hiervoor gebou is was 'n reuse ingenieursonderneming. Die inlaat tot die tonnel is by [[Oviston]] ('n akroniem vir Oranje-Vis-Tonnel). Oviston is aan die oewer van die [[Gariepdam]]. Die rivier word gevoed deur die [[Grootbrakrivier]], die [[Tarkarivier|Tarka-]], die [[Baviaansrivier|Baviaans-]] en die [[Katrivier]]e.
 
== Visrivier-Sondagsrivier Oordrag Skema ==
Water oorgedra vanaf die Oranjerivier na die Visrivier via die Oranje-Visrivier tonnel word weggekeer by die Elansdrift keerwal in 'n kanaal wat vir 65km kronkel saam met steil hellings en uitmond in die Klein-Visrivier. Die kanaal vloei deur die Cookhouse tonnel van 13.1 km wat deur die Bosberg sny tussen Cookhouse en Sometset-oos. Die water vloei vir 40km in die Klein-Visrivier tot by die De Mistkraal keerwal. Hier word word die water uitgekeer in die Skoenmakers kanaal (vermoë 22m<sup>3</sup>/s)wat uiteindelik uitmond in die Darlingtondam in die Sondagsrivier.
 
[[Cradock]] is 'n beduidende dorp waardeur die Visrivier loop. Die gebied tussen [[Port Elizabeth]] en die Visrivier staan bekend as die ''Sonskynkus''.