Verskil tussen weergawes van "N10 (Suid-Afrika)"

397 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
==Noord-Kaap==
Die pad vanaf die Noord-Kaap grens is plat en reguit tot by [[Hanover]] waar dit die [[N1 (Suid-Afrika)|N1]] kruis. Van Hanover na [[De Aar]] is die N10 steeds plat en reguit in 'n noordwes rigting. By De Aar word die spoorlyn tussen [[Kaapstad]] en [[Johannesburg]] gekruis. Vanaf De Aar is die pad lank en reguit na [[Britstown]] waar die [[N12 (Suid-Afrika)|N12]] in 'n verspringende kruising gekruis word. Vanaf Britstown hou die N10 noordwes en bly vir die volgende 130km tussen die spoorlyn en Doringberge tot by [[Prieska]]. Prieska is geleë op die suidelike oewer van die [[Oranjerivier]].
 
==Benede-Oranjeriviervallei==
Vanaf Britstown hou die N10 noordwes en bly vir die volgende 130km tussen die spoorlyn en Doringberge tot by [[Prieska]]. Prieska is geleë op die suidelike oewer van die [[Oranjerivier]].
Die [[Benede-Oranjeriviervallei]] begin by Prieska. Vanaf Prieska is die N10 weereens lank en reguit vir 73km tot by 'n klein dorpie [[Marydale]]. Dan swaai die N10, noord-noordwes vir 59km, reguit, tot by [[Groblershhop]]. Dan volg die N10 die suidelike oewer van die Oranjerivier vir 114km tot [[Upington]]. In Upington word die [[N14 (Suid-Afrika)|N14]] gekruis.