Verskil tussen weergawes van "Sishen-Saldanha-spoorlyn"

geen wysigingsopsomming nie
k
'n Kombinasie van diesel-elektriese eenhede trek treine met tot 216 trokke met kapasiteit van 85-100 ton. Die kapasiteit van die spoorlyn was na indienstelling 18 miljoen ton per jaar. Na 'n opgraderingsprojek is die kapasiteit tans 41 miljoen ton per jaar. Daar is tans ook 'n Omgewings Impak Studie (OIS) aan die gang om die kapasiteit na 95 miljoen per jaar te vergroot. <ref>www.transnet.co.za</ref>
Gedurende die week van 16 Julie 2009 is 'n rekord 919 000 ton ystererts vervoer tussen Sishen en Saldanha.<ref>Beeld 16 Julie 2009</ref>
 
==Roete van spoorly==
Die spoorlyn begin by Sishen in die [[Noord-Kaap]] en gaan dan suidoos. Dit kruis die [[N14 (Suid-Afrika)|N14]] en hou steeds suidoos. Dit roete hou noord van die Langeberg verby en kruis die [[N10 (Suid-Afrika)|N10]] net noord van [[Groblershoop]]. Suidoos van Groblershoop kruis dit die hoofspoorlyn vanaf [[De Aar]] wat [[Namibië]] toe gaan by 'n nedersetting met die naam van [[Kleinbegin]].
 
Hiervandaan hou die roete suidoos deur die [[Boesmanland]]. Dit gaan net noord van [[Kenhardt]] en die [[Grootvloerpan]] verby, deur die [[Bokkeveldberg]] tot in [[Namakwaland]]. Die roete hou nog steeds suidoos, oor die [[N7 (Suid-Afrika)|N7]], tot in die [[Olifantsriviervallei]]. Dit gaan noord verby [[Vredendal]], kruis die [[Olifantsrivier]] en swaai suid.
 
Nou hou die roete parllel met die [[Weskus]], verby [[Lambertsbaai]], [[Elandsbaai]], [[Laaiplek]], waar die [[Bergrivier]] gekruis word, tot by Saldanha.
 
{{wide image|Sishen_Salndanha_Iron_Ore_Train.jpg|1800px|alt=Panorama van 'n erts-trein op die Sishen-Saldanha spoor.|Panorama van 'n erts-trein op die Sishen-Saldanha spoor.}}