Verskil tussen weergawes van "Hoogyslands"

81 grepe verwyder ,  15 jaar gelede
k
-onverwante prentjie, spelling
k (The german version is deleted)
k (-onverwante prentjie, spelling)
[[Image:icelander.jpg|thumb|250px|right|Vertaling: Yslander, taalsuiweringswese]]
'''Hoogyslands''' (''háfrónska'') is 'n ultrapuristiese newevorm van die moderne [[Yslands]].
Die Yslandse naam 'háfrónska' is gevorm na die voorbeeld van die naam 'høgnorsk' (Hoognoors), die konservatiefste vorm van die [[Nynorsk]]. ''Frónska'' is 'n digterlike benaming vir die Yslandse taal en is afgelei van ''frón'', een van die name vir die aarde uit die Snorra-[[Edda]]. Hierdie taalvariant is vir die grootste deel 'n eenmansprojek van die Belg Jozef Braekmans. Hy het ou neologismes (bv. bjúgaldin, boogvrug, banana) saamgevoeg met eie nuutskepingsnuutskeppings ter vervanging van leenwoorde waarvoor geen suiwer Yslands woord bestaan nie.
 
Die nadruk lê op ultrapurisme. Dit beteken dat letterlik alles vertaal word, dus ook persoonsname, aardrykskundige name, skeikundige terme, name van planete, ens. Kenmerkend vir Hoogyslands is ook die gebruik van kenninge (poëtiese omskrywinge) vir wetenskaplike terme.
In 2005 het hy die sentrum van die Hoogyslandse taal opgerig. Sy oogmerk is 'n so suiwer moontlike taalvorm vir Yslanders wat nie akkoord gaan met die taalkundige internasionalisering nie. Die projek het in [[Ysland]] aandag gekry, maar Hoogyslands het geen amptelike status nie. Die Yslander Pétur Þorsteinsson is die voorsitter van die Hoogyslandse taalbeweging.
 
== ExterneEksterne skakels ==
* [http://www.hafronska.org/ www.hafronska.org]
 
12 721

wysigings