Oossee: Verskil tussen weergawes

343 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
k
Bygewerk
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: dsb:Baltiske mórjo)
k (Bygewerk)
[[Lêer:Wismar-Wendorf Ostseekueste Hafeneinfahrt 2010-01-26 035.jpg|thumb|right|300px|Wintertyd: Die bevrore Oossee naby [[Wismar]], [[Duitsland]]]]
Die '''Oossee''' (ook bekend as die '''Baltiese See''', afgelei van [[Latyns]] ''Mare Balticum'') is 'n binnesee in Noordoos-Europa met 'n wateroppervlakte van 413&nbsp;000 vierkante kilometer, 'n maksimale diepte van 459 meter tussen die [[Swede|Sweedse]] vasteland en die eiland [[Gotland]] en 'n waterinhoud van sowat 21&nbsp;600 kubieke kilometer.<ref>[http://www.wwf.de/downloads/wwf-magazin/juli-2008/ostsee-steckbrief/ ''WWF Duitsland: Steckbrief Ostsee'']</ref> Dit is die wêreld se grootste brakwatersee. Die Oosseegebied word - afhangende van die geografiese definisie van die gebied - deur tussen 50 en 85 miljoen mense bewoon<ref>[http://www.hk24.de/produktmarken/standortpolitik/regionale_kooperationen/Ostseezusammen.jsp "Hamburg und der Ostseeraum", 25 Februarie 2010]</ref>.
 
Van oudsher was die Oosseegebied een van die gewildste vestigingsebiede in Europa. Wikings en die Duitse Hanseverbond het hier al vroeg seeroetes en handelshawens ontwikkel wat Noord-Europese eeue lank met mekaar verbind het. Baksteengotiese geboue in kusstede getuig nog steeds van die groot rykdomme wat destyds deur koopmanne versamel is.
 
Die Oossee word begrens deur die [[Skandinawië|Skandinawiese]] skiereiland, die Europese vasteland en die Deense eilande. Dit mond uit in die [[Kattegat]] en die [[Noordsee]] deur die [[Öresund]], die [[Storebælt]] en die [[Lillebælt]]. Die Oossee word in die weste deur die Noord-Oossee-kanaal (internasionale naam: Kiel-kanaal) naby die Duitse hawestad [[Kiel]] en die Göta-kanaal in Swede met die [[Noordsee]] en in die ooste via die [[Newa-rivier]] met die [[Wolga-rivier|Wolga]], die Wit-, Swart- en die Kaspiese See verbind.