Verskil tussen weergawes van "Millwood"

28 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe blad: '''Millwood''' is ‘n verlate goudmyn aan die suidelike hellings van die Outeniquaberge en ongeveer 17 km noordnoordwes van Knysna. Die ontdekking in 1876 van ‘n goudklont in die ...)
 
'''Millwood''' is ‘n verlate goudmyn aan die suidelike hellings van die [[Outeniquaberge]] en ongeveer 17 km noordnoordwes van [[Knysna]].
 
Die ontdekking in 1876 van ‘n goudklont in die Karatararivier deur James Hooper het ‘n toestroming van delwers van so ver as Kalifornië en Australië tot gevolg gehad. C.F. Osborne, ‘n padingenieur, het spoelgoud in die Millwood-gebied gevind. In 1886 is die aanwesigheid van ‘n goudrif in die heuwels vasgestel. Gevolglik word in Januarie 1887 ‘n 340 hektaar grond by Millwood amptelik as een van die eerste goudvelde in Suider-Afrika geproklameer. Om koningin Victoria se 50 jaar op die Britse troon te herdenk, word in dieselfde jaar die spoelgouddelwerye tot Victoria Jubilee Creek herdoop.
 
In 1924 is die Millwood-goudveld gedeproklameer en die gebied is vandag deel van Sanparke. Twee huise staan nog. Buiten die begraafplaas kan oorgroeide skagte, fondamente van huise en strate en ou mynboutoerusting gesien word.
 
[[Kategorie:Wes-Kaap]]
Anonieme gebruiker