Verskil tussen weergawes van "Nqweba-dam"

33 grepe verwyder ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe blad: 42º14’8”S 24º31’4”O Die '''Nqweba-dam''' (voorheen bekend as die ...)
 
42º14’8”S 24º31’4”O
Die '''Nqweba-dam''' (voorheen bekend as die '''Van Ryneveldpasdam''') in die [[Sondagsrivier]] lê 1,6km noord van [[Graaff-Reinet]] langs die Van Ryneveldpas tussen Graaff-Reinet en [[Murraysburg]]. Dit vorm deel van die [[Camdeboo Nasionale Park]] en is sedert 1999 die eiendom van die Camdeboo Munisipalilteit.
 
Op 27 September 1920 het die munisipaliteit van Graaff-Reinet en die Van Ryneveldsbesproeiingsraad ‘n ooreenkoms aangegaan waarvolgens die munispaliteitmunisipaliteit ‘n stuk meentgrond sal verskaf vir die oprigting van ‘n dam waaruit die munispaliteitmunisipaliteit dan 9 miljoen liter water per dag sal ontvang vir gebruik vir die dorp. In Junie 1921 het die konstruksiewerk begin en op 14 Julie 1925 het die voorsitter van die besproeiingsraad, H. Urquhart, die dam geopen.
 
Op 1 Januarie 1932 het die dam vir die eerste maal oorgeloop. Dit het ook gebeur in 1948, Maart 1961, 1974, 1986, Maart 2008 en Februarie 2011. Ongelukkig het die dam nooit aan die oorspronklike verwagtinge voldoen nie. Aanvanklik is gehoop dat 8 500ha met die uitgebreide kanalenetwerk besproei sou kon word. Droogtes in die vroeë dertigerjare, die middel van die veertigerjare en die middel van die vyftigerjare van die 20ste eeu het die lewe vir die boere (afhanklik van die water vir suiping vir skape, angorabokke en beeste en besproeiing van lusern en ander veevoer) baie bemoeilik. Op 26 November 1957 is die dam vir die eerste maal leeg verklaar. ‘n Te groot aantal klein damme in die opvanggebied het die afloop sterk laat afneem.
*Nqweba Dam – supplying water to the thirsty Karoo. The Water Wheel, July/August 2010. www.ewisa.co.za
*Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 11. Kaapstad: Nasou, 1975. ISBN 0-625-00327-6
 
{{Koördinate:42|14|8|S|24|31|4|O|display=title}}
 
[[Kategorie:Damme van Suid-Afrika]]
 
[[en:Nqweba Dam]]
Anonieme gebruiker