Verskil tussen weergawes van "Käthe Kollwitz"

4 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
+ skakel
k (+ skakel)
In 1919 is sy tot lid van die Pruisiese Akademie van Kunste in Berlyn benoem. Sy het vervolgens 'n voorstander van pasifisme geword en aan 'n kunsuitstalling in die [[Sowjetunie]] deelgeneem. Vanaf 1928 was sy direkteur van die Akademie van Kunste se grafiese afdeling, het haar lidmaatskap egter ná die magsoorname van die Nasionaal-Sosialiste in 1933 gekanselleer. Haar kunswerke is nie meer vir uitstallings toegelaat nie en deur die NS-bewind as "ontaarde kuns" afgestempel.
 
Gedurende die [[Tweede Wêreldoorlog]] het sy naby Dresden gewoon en is daar nog voor die Duitse kapitulasie in 1945 oorlede. Käthe Kollwitz word naas Ernst Barlach as die belangrikste verteenwoordiger van die [[ekspressionisme]] beskou. Haar bronsreliëf ''Die Klagte'' (1938/1939) kan as simbool vir die boodskap beskou word wat sy as kunstenares wou oordra.
 
{{DEFAULTSORT:Kollwitz, Käthe}}