Verskil tussen weergawes van "Valsrivier (Vaal)"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
Die Valsrivieropvangsgebied van 7870 vierkante kilometer het een groot dam, die [[Serfonteindam]] sowat 7km buite [[Kroonstad]]. By Kroonstad vloei die rivier onderdeur die [[N1]] nasionale pad. Daar is 'n aantal keerwalle deur die rivier.<ref>{{en}} [http://www.environment.gov.za/soer/reports/rivers/free%20state/Free%20State.pdf Environment.gov.za]</ref>
 
Die rivier kronkel verby [[Lindley]], deur Kroonstad en onderdeur die [[N1 (Suid-Afrika)|N1]] nasionale pad. Dit hou langs [[Bothaville]] verby, waar dit 5km wes van Bothaville (net 2km stroom af van die Balkfonteinwaterwerke) in die Vaalrivier invloei.<ref>{{en}} [http://maps.google.com.au/maps?hl=en&q=serfontein%20dam&um=1&ie=UTF-8&sa=N&tab=wl GoogleMaps]</ref> Wanneer die Valsrivier in vloed is oorstroom die laagliggende oewergedeeltes van Bothaville somtyds. Gedurende 1988 het van die huise in Fonteinstraat oorstroom, en in Januarie 2010 het die water tot in agterplase gestyg.<ref>[http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Valsrivier-se-water-tot-in-agterplase-20100130 Berig in Volksblad]</ref>
 
Vroeër jare was die ou wabrug net buite Bothaville 'n belangrike oorgang oor die Valsrivier.