Verskil tussen weergawes van "Richard Stuttaford"

geen wysigingsopsomming nie
'''Richard Stuttaford''' ([[Kaapstad]], [[13 Junie]] [[1870]] - [[Stellenbosch]], 19 Oktober]] [[1945]]) was 'n Suid-Afrikaanse handelaar, kabinetsminister en die seun van [[Sampson Richard Stuttaford]], grondlegger van die afdelingswinkel Stuttafords.
 
Stuttaford ontvang sy opleiding in [[Engeland]] en [[Frankryk]] en sluit hom in 1892 aan by die handelsfirma, Thorne, Stuttaford & Co, wat sy pa help oprig het saam met sir William Thorne. Hy word die hoof van die maatskappy in 1917. Buiten as lid van die [[Kaapstad|Kaapse]] stadsraad en, van die Kaapstadse Kamer van Koophandel, waarvan hy voorsitter was van 1918 tot 1920, en voorsitter van die Vereniging van Kamers van Koophandel van Suid-Afrika (1921 tot 1923), het hy aanvanklik nie in die openbare lewe belang gestel nie, maar in 1924, toe hy 54 jaar oud was, word hy tot die Volksraad verkies as die lid vir [[Nuweland]] teen die Konstitusionele Demokraat, C.A. Lagesen met 'n meerderheid van 702 stemme. In 1929 is hy onbestrede verkies vir dieselfde kiesafdeling en in 1933 weer onbetredeonbestrede, dié keer as [[Suid-Afrikaanse Party|S.A.P.-Koalisie]]-kandidaat vir [[Claremont]], nadat Nuweland tydens 'n herafbakening afgeskaf is. In 1938 wen hy as kandidaat van die [[Verenigde Party]] ook in Claremont met 'n meerderheid van 2 052 teen E.M.O. Clough van die [[Dominiumparty]], wat toevallig dieselfde getal stemme op hom verenig het as Stuttaford se meerderheid.
 
In die Volksraad was sy kennis van die handel van groot waarde en genl. [[Jan Smuts]] nooi hom om deel te neem aan die onderhandelings met Britse kommersiële owerhede in [[Ottawa]]. InHy 1942was wordminister hysonder ministerportefeulje van handel1933 entot nywerhede in Smuts se oorlogskabinet1936. OpVan 'n1936 heeltot ander1939 gebied hetwas hy ookminister naamvan gemaakvolkswelsyn asen dievan eerste1939 grondleggertot 1942 van 'nhandel tuindorpen in [[Suid-Afrika]] toe hynywerhede in 1921 verantwoordelik is vir die stigting vangenl. [[PinelandsJan Smuts|Smuts]] nabyse [[Kaapstad]]oorlogskabinet. Hy is in 1945 oorlede.
 
Op 'n heel ander gebied het hy ook naam gemaak as die eerste grondlegger van 'n tuindorp in [[Suid-Afrika]] toe hy in omstreeks 1920 verantwoordelik is vir die stigting van [[Pinelands]] naby [[Kaapstad]] danksy 'n baie ruim skenking. Hy is in 1945 op [[Stellenbosch]] oorlede.
 
==Bronne==
* Potgieter, D.J. (red.) 1972. ''Standard Encyclopaedia of Southern Africa''. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
* Rosenthal, Eric. 1978. ''Encyclopaedia of Southern Africa''. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.
 
84 856

wysigings