Verskil tussen weergawes van "Abraham Kriel"

76 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
==Herkoms==
Abraham Kriel het afgestam van Hermanus Kriel wat uit Hanau in [[Duitsland]] aan die Kaap angekomaangekom het in Mei 1719. Die stamvader van die Kriels was in diens van die [[Oos-Indiese Kompanjie]]. Abraham is in die vyfde geslag van die stamvader. Sy vader was Jacobus Petrus Kriel en sy moeder Margaretha Louisa Hugo. Abraham was die elfde kind uit 'n gesin van dertien. Vier van sy broers, Jacobus petrusPetrus, Daniël, Pieter Eduard en Gideon Joshua, het wynboere geword. Jan Gysbert en Hermanus Theodorus het ook predikante geword. David Jacobus was landdros en Eduard Christian agent. Twee susters, Maria Louisa en Magdalena Petronella, het met welvarende boere getrou en Hester Maria met ds. Richard Craig, wat predikant was op [[Weenen]] in Natal. Een kindjie is vroeg dood.
 
==Predikant==
Soos soveel ander geboue was die nuwe kerk op Fordsburg in puin. Net twee maande gelede is dit in gebruik geneem, maar nou het daarvan net die mure oorgebly. Een gewel was tot op die helfte weggeslaan. Die deure en vensters was verbrysel en die dak ingedruk binne die mure in. Die lidmate kon min doen om dit te help herstel, want hulle was self in ellende gedompel en moes hulle toespits op die herstel van hulle eie blyplek. Boonop was die meeste van hulle arm. 'n Tent is by die plek opgeslaan en daar is bidure gehou. Talle het om voorbidding kom vra. Mense was oral besig om na hulle dierbares te soek. Huise is in hospitale verander.
 
[[Beeld:Fordsburgkerk ontplof.jpg|thumb|right|320px|[[NG gemeente Fordsburg|Fordsburg]] se eerste kerkNG kerkie, waarvoor Kriel die geld help insamel het, is erg beskadig in die Braamfonteinse dinamiet-ontploffing op Woensdagmiddag [[19 Februarie]] [[1896]], skaars twee maande nadat dit in gebruik geneem is.]]
 
Kriel spring egter dadelik aan die werk en skryf lyste uit en gee dit aan betroubare persone sodat hulle fondse kan insamel. Binne korte tyd het die insamelaars £32 000 bymekaar gebring. Gratis reiskaartjies is aan mense voorsien wat na familie elders wou wegkom. Kriel kon staatmaak op die publiek se welwillendheid omdat lidmate hulle eie huis met uiterste moeite moes herstel – en selfs dít kon baie nie eens doen nie. Daarom kon die konsulent met vrymoedigheid by ander aanklop, nie net in Johannesburg nie, maar selfs so ver as Harrismith, waar hy in die kerk van 'n ou vriend gekollekteer het. In een van die dienste lê hy die saak uit. Onder die kollekte begin die orrelis speel, maar Kriel vra dat hy dit nie doen nie, sodat hy die gemeente verder oor die ramp kan inlig. En terwyl die gawes in die bordjies val, skets hy in lewende kleure wat alles op Fordsburg gebeur het.
84 889

wysigings