Verskil tussen weergawes van "Abraham Kriel"

27 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
k
Kriel is in 1880, ná sy studies aan die [[Kweekskool]] op [[Stellenbosch]] in die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk|NG Kerk]] gelegitimeer. Reeds in sy eerste gemeente, [[NG gemeente Dutoitspan|Dutoitspan]] op [[Kimberley]], waar hy gedien het van 1880 tot 1893, beywer hy hom veral vir armesorgwerk en onder sy leiding koop die kerkraad 'n huis wat omskep is in 'n jeugtuiste, die Newton-tehuis vir verwaarloosde kinders. Die kerkraad het ook 'n hotelgebou gekoop wat omskep is in 'n tehuis vir jong Christenmans.
 
Op 'n besoek aan [[Europa]] maak hy kennis met verskeie weesinrigtings. Later sou hy weer sulke besoekreise onderneem. Met die uitbreek van die [[Anglo-Boereoorlog]] bevind hy hom in die NG gemeente Witwatersrand-Wes (later [[NG gemeente Langlaagte]], waar hy leraar was van 1893 tot hy met pensioen is in 1918) en word twee en 'n half jaar lank veldprediker vir die Boeremagte onder genls. [[Lucas Meyer]] en [[Jan Smuts]] en in die Noordwes-Kaap onder adj.genl. [[Christiaan Frederik Beyers|C.F. Beyers]].
 
Van die [[NG gemeente Langlaagte]] is die [[NG gemeente Fordsburg]] in 1896 afgestig met Kriel as konsulent. Kort voor die afstigting het hy geld byeen gekry om 'n eenvoudige maar netjiese kerk in dié buurt te laat bou. Dit is Desember 1895 ingewy. Vir Kriel was dit 'n plesier om daar te gaan preek en die opkoms was altyd goed. Hy het gereken dat die kerkbesoek op Fordsburg die beste aan die Rand was.