Verskil tussen weergawes van "Eerste Grensoorlog"

Geen grootteverandering nie ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k
Teen die middel van 1779 het veediefstal deur die Xhosa so algemeen voorgekom op die suidwestelike grens van die kolonie dat die Hollandse boere hulle plase aan die [[Boesmansrivier]] begin verlaat het. In Desember 1779 het 'n gewapende botsing tussen die Boere en die Xhosas voorgekom, blykbaar weens ongerymdhede wat gepleeg is teen die Xhosas deur sommige blankes aan die grens. Twee burgerlike kommando's, een onder leiding van [[Josua Joubert]] en nog een onder [[Pieter Hendrik Ferreira]], het uitgery vroeg in 1780 en daarin geslaag om baie beeste aan te keer, maar hulle kon nie die Xhosas uit die plaasgebied verdryf nie.
 
In Oktober 1780 het die Kaapse regering vir [[Adriaan van Jaarsveld]], 'n hoogs ervare kommandoleier, aangestel om veldkommandant van die hele Oosgrens te wees. 'n Kommando onder sy leiding het 'n groot aantal beeste teruggekry en het daarop aanspraak gemaak dat hulle al die Xhosa teen Julie 1781 uit die [[SuurveldZuurveld]] verdryf het.
 
==Bronne==
85 751

wysigings