Verskil tussen weergawes van "Huis van Plantagenêt"

geen wysigingsopsomming nie
k (→‎Huis van Lancaster: jare ipv hare)
Godfried V, die Graaf van Anjou, het met Matilda, dogter en erfgenaam van die Engelse koning [[Hendrik I van Engeland|Hendrik I]] getrou. Ná Hendrik se dood in [[1135]] is [[Stefanus van Engeland|Stefanus van Blois]] egter tot koning van Engeland gekroon. Dit het tot ’n burgeroorlog gelei. Matilda het Engeland in [[1139]] binnegeval en Stefanus in [[1141]] verslaan. Hy is gedwing om Hendrik, die seun van Matilda en Godfried, as sy erfgenaam te erken. So het Hendrik na Stefanus se dood in [[1154]] die troon bestyg as [[Hendrik II van Engeland|Hendrik II]], die eerste Plantagenêt-koning van Engeland.
 
Aan die einde van die [[14e14de eeu]] het die huis verdeel in twee takke, die [[Huis van York]] en die [[Huis van Lancaster]], wat slaags geraak het oor die troon tydens die [[Rose-oorlog]].
 
In [[1461]] is die Rose-oorlog beëindig en het die [[Huis van Tudor]] aan die bewind gekom toe [[Hendrik VII van Engeland|Hendrik VII]] Richard III verslaan het. Hendrik VII het egter van moederskant afgestam van [[Jan van Gent]], die vierde seun van [[Eduard III van Engeland|Eduard III]], en het dus die Plantagenêt-lyn indirek voortgesit.
Anonieme gebruiker