Verskil tussen weergawes van "Kortgolf"

6 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: id:Gelombang pendek)
Vanweë hierdie eienskappe was die HF-bande by baie gebruikers populêr gewees, sowel militêr as siviel, van omroepsenders tot lang-afstandskommunikasie. Dit was daarom altyd 'n dig gepakte frekwensiegebied gewees wat by elke nuwe vergadering van die [[WARC]] (instansie wat radio-frekwensies verdeel) 'n groot geveg tussen die belangegroepe veroorsaak het. As gevolg van die verskyning van [[Kunsmaan|kommunikasiesatelliete]] in die '60'er jare en beskikbaarheid van goedkoop toerusting vir hoër frekwensies het behoefte in die siviele wêreld afgeneem. In die militêre wêreld het die band populêr gebly vanweë die klaarblyklike kwesbaarheid van satelliete.
 
Tot die opkoms van die [[internet]] was 'n HF-verbinding een van die weinig betaalbare moontlikhede vir besighede om onafgebroke inligting te verwissel tussen die verskillende lande. Tot aan die einde van die [[20e20ste eeu]] was internasionale telefoontariewe hoog en was 'n onafgebroke verbinding tussen twee lande heeltemal onbetaalbaar.
 
== Kortgolf beginsels ==
[[Beeld:Ionosfeer_Refleksie.png|thumb|250px|Dag/nag en seisoen invloede op ionosfeerlae]]
 
Die ionedigtheid is nie konstant op verskeie hoogtes bo die aarde nie. Hulle vorm eerder lae wat wissel van hoë na lae konsentrasies vrye [[elektron]]e. In die begin van die [[20e20ste eeu]] het [[Oliver Heavyside]] die eerste keer so 'n laag ontdek wat vandag die E-laag genoem word. [[Edward Victor Appleton]] het op 'n groter hoogte 'n aansienlik sterker geïoniseerde laag ontdek wat vandag die F-laag genoem word en vir die weerkaatsing van kortgolfseine van elementêre belang is. Die hoogte van hierdie laag en die intensiteit van ionisering hang sowel van die jaargetye as van die uur van die dag af.
 
Snags, as die sonstrale die aarde nie bereik nie en die ionisasiebron dus ontbreek, word verskeie lae deur [[rekombinasie (natuurkunde)|herkombinasie]] van [[Ioon (deeltjie)|ione]] en [[elektron]]e tot ongelaaide [[atoom|atome]] afgebreek. Die D-laag herkombineer vinnig na sonsondergang omdat hierdie laag die naaste aan die aardoppervlak is en die lugdruk hier redelik hoog is. Die E-laag los 'n paar ure na sonsondergang op. De F<sub>1</sub>- en F<sub>2</sub>-lae smelt snags saam met die F-laag omdat ionisasie gedurende die nagure sterk afneem, maar nie heeltemal stop nie.
== Gebruik ==
=== Radio Kootwijk ===
In die jare '20 van die [[20e20ste eeu]] werk [[Nederland]] aan radiogtelegrafiese verbinding met [[Nederlands-Indië]], [[Radio Kootwijk]]. Die sendvermoë van hierdie radiosender was enorm en boesem ook vandag nog ontsag in. Die antennestelsel het bestaan uit 'n sestal 212m hoë antennes en het 'n sendvermoë van baie honderde kilowatts. Hulle het uitgesaai op 'n baie lang golflengte van 17000m ([[VLF]], 17,6 kHz) en kon hierdeur die enorme afstand tussen Nederland en die [[kolonie (staatkundig)|kolonië]] oorbrug.
 
Tydens die ontwikkeling van Radio Kootwijk in [[1925]] het radioamateurs ontdek dat dit moontlik was om radioseine oor lang afstande te stuur deur op 'n destydse baie kortgolflengte, 16-60m, uit te saai. 'n Ingenieur van die [[PTT]], ir. N. Kooimans, bou 'n kortgolfsender en slaag daarin om met 'n klein sendertjie op die dak van sy radiolaboratorium in [[Den Haag]] radioverbinding met Nederlands-Indië tot stand te bring, die eerste interkontinentale verbinding oor kortgolf.
Anonieme gebruiker