Verskil tussen weergawes van "Pous Pius VI"

10 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: hsb:Pius VI.)
'''Pous Pius VI'''<ref> De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.</ref> <ref>Pius VI. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref>is gebore as '''Giovanni Angelo Braschi''' (eintlik Giovanni Angelo Conte Braschi) op [[25 Desember]] [[1717]] in [[Cesena]], [[Kerklike Staat]]. Hy is die oudste van agt kinders van Graaf Marco Aurelio Tommaso Braschi en sy vrou Ana Teresa Bandi. Sy volle doopname was Angelo Onofrio Melchiorre Natale Giovanni Antonio. Na voltooiïng van sy studies aan die Jesuïte-kollege in Cesena waar hy in [[1734]] 'n doktorsgraad in die regte behaal, sit Braschi sy studies voort aan die Universiteit van Ferrara. Hy word die privaat-sekretaris van Tommaso Ruffo, die pouslike legaat. Hy word ouditeur in Ruffo se bisdom van Ostia en Velletri tot [[1753]]. Sy sukses in 'n missie na die Neapolitaanse hof bring hom onder die aandag van [[Pous Benedictus XIV]] die hom aanstel as een van sy sekretarisse en kanunnik van Sint Pieter. In [[1758]] breek hy sy verlowing <ref> Von Pastor, Ludwig. 1952. The History of the Popes from the close of the Middle Ages. vols. XXXIX en XL. Herder, St Louis, VSA </ref> en word priester. [[Pous Clemens XIII]] stel hom aan as tesourier van die Apostolies Kamer. Sy besparingsmaatreëls het hom baie ongewild gemaak en sy teenstanders het [[Pous Clemens XIV]] oorgehaal om hom as kardinaal-priester aan te stel op [[26 April]] [[1773]]. In sy nuwe pos by S. Onofrio was hy op 'n syspoor. Die konklaaf na die dood van [[Pous Clemens XIV]] het vier maande geduur voordat die kardinale van Frankryk, Spanje en Portugal ingestem het om Braschi te verkies. Op [[15 Februarie]] [[1775]] volg hy [[Pous Clemens XIV]] op en word biskop gewy op [[21 Februarie]] [[1775]] en as pous gekroon op [[22 Februarie]] [[1775]] deur kardinaal Alessandro Albani. Hy regeer tot sy dood op [[29 Augustus]] [[1799]] in ballingskap in Frankryk en word opgevolg deur [[Pous Pius VII]].
Die naam ‘Pius’ beteken ' die vrome'.
 
===Kerklike loopbaan===
*[[10 Mei]] [[1773]] – Kardinaal-priester van of S. Onofrio .
 
Hy onderteken ook die "Editto sopra gli Ebrei" 'n edik wat al die regulasie betreffende die Jode bevat. Sedert die bul "Cum nimis absurdum" van [[Pous Paulus IV]] in [[1555]] was daar nie 'n eenvormige beleid nie.
 
====Die Jesuïte-vraagstuk====
Pius VI was 'n kompromis-keuse, iets wat hom van die begin af moeilikheid gegee het. Hy het die steun van die Bourbonprinse gekry op die veronderstelling dat hy nie die Jesuïte weer sou instel nie. Die "zelanti" (ondersteuners van die Jesuïte) het egter gehoop dat hy heimelik die orde goed gesind was. As gevolg daarvan het Pius 'n paar halfhartige besluite geneem wat geen van die twee kante tevrede gestel het nie. Dit was waarskynlik aan sy beleid te danke dat die Jesuïte oorleef het in Wit-Rusland en Silesië.
 
====Die Galliese en Febroniaanse protes====
Pous Pius VI het ook te doen gehad met protes wat daarop gerig was om die pouslike mag te beperk. Johann Nikolaus von Hontheim wat onder die skuilnaam "Febronius" geskryf het, was die Duitse voorstander van die Galliese idee van Nasionale Roomse Kerke. Oostenryk was die voorbok by die instelling van die idee veral na aanleiding van die Renaissance se idees van menseregte. Op [[10 Maart]] [[1791]] skryf hy 'n pouslike brief waarin hy die verklaring van menseregte "onsinnig" noem. Keiser Joseph II en sy minister Kaunitz wou die pouslike mag so beperk dat die pous genoodsaak gevoel het om na Wene te reis. Die pous verlaat Rome op [[27 Februarie]] [[1782]], word met prag en praal deur die keiser ontvang, maar rig niks daadwerklik uit nie. Op Paasfees van [[31 Maart]] [[1782]] spreek hy die pouslike seën "Urbi et Orbi" uit in Wene. 'n Paar jaar later in [[1786]] het hy egter wel daarin geslaag om die Duitse aartsbiskoppe tydens die kongres van Ems, te oorreed om die idee van 'n nasionale kerk te laat vaar.
 
====Napels en die Franse revolusie====
Die liberale minister Tanucci van die koninkryk Napels het aangedring op verandering van die feodale mag van die pous. Koning Leopold II (later keiser) en Scipione del Ricci, biskop van Pistoia en Prato het aangedring op staatshervormings vir Toskane. Pius het op [[28 Augustus]] [[1794]] in sy bul "Auctorem fidei" die dekrete van die sinode van Pistoia ([[1786]]) veroordeel.
 
Die Franse revolusie het die Galliese kerk ontbind, al die pouslike en kerklike eiendom in Frankryk gekonfiskeer, al die kloosterordes ontbind en 'n beeltenis van die pous is by die koninklike paleis verbrand. Pius het die hele Franse nasie ge-ekskommunikeer en die revolusie en die nuwe grondwet veroordeel op [[10 Maart]] [[1791]].
 
====Napoleon====
In [[1796]] het Napoleon Italië aangeval, die pouslike troepe verslaan en Ancona en Loreto beset. Die pous sluit eers 'n wapenstilstand by Bologna op [[23 Junie]] [[1796]] en later die vrede van Tolentino op [[19 Februarie]] [[1797]], maar op [[28 Desember]] [[1797]] word die populêre brigadier-generaal Mathurin-Léonard Duphot tydens 'n opstand gedood. Die dood is as voorwendsel gebruik vir Generaal Berthier om Rome aan te val. Die generaal beset Rome sonder teenstand op [[10 Februarie]] [[1798]]. Hy stig die Romeinse Republiek en eis dat die pous afstand doen van al sy wêreldlike mag. Pius VI weier en word gevange geneem en na Sienna en vandaar na Certosa geneem. Toe die Franse oorlog verklaar aan Toskane word die pous deur Pedro Gómes Labrador, markies van Labrador, na Parma, Piacenza, Grenoble en laastens na Valence geneem, waar die pous ses weke na sy aankoms, sterf. Na die konkordaat van 1801, word sy liggaam op [[24 Desember]] [[1801]] na Rome geneem waar hy op [[19 Februarie]] [[1802]] begrawe word.
 
===Die kollege van kardinale===
Pous Pius VI het 73 nuwe kardinale aangestel in 23 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit '''[[Lys van kardinale aangestel deur Pous Pius VI|hier]]''' gehou.
 
===Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete===
*[[25 Desember]] [[1775]] - Inscrutabile – Oor die probleme van die pontifikaat.
*[[13 November]] [[1798]] - Cum nos superiori – Oor die verkiesing van 'n pous.
*[[13 Augustus]] [[1799]] - Quoties animo – Magtiging aan koning Karel van Spanje om kerklike eiendomme te verkoop.
 
==Bibliografie==
*Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. http://www.saint-mike.org/library/ papal_library/default.asp
*Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 0300091656.
*Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
 
==Verwysings==
{{reflist}}
 
{{refeindig}}
 
==Eksterne skakels==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Pius VI}}
53

wysigings