Verskil tussen weergawes van "Die Brandwag"

76 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
+beeld
(fix)
(+beeld)
[[BeeldLêer:Gustav Preller.jpg|thumb|240px|Gustav Preller, toe hy redakteur van ''[[Die Vaderland|Ons Vaderland]]'' was.]]
 
'''''Die Brandwag''''' was 'n [[Afrikaans]]e tydskrif wat van [[1 Februarie]] [[1937]] tot [[24 September]] [[1965]] weekliks in [[Johannesburg]] verskyn het.
Die Afrikaanse Pers Beperk het hom kort na die verskuiwing uit [[Pretoria]] na [[Johannesburg]] van ''[[Die Vaderland]]'', wat op [[2 Julie]] [[1936]] die eerste maal as middagblad verskyn het, beywer om deur algemene drukwerk sy geldelike posisie te versterk. Nog 'n weg waarlangs die pers sy eie bestaan meer wou beveilig was die verskyning van [[1 Februarie]] [[1937]] af van 'n weeklikse byvoegsel tot ''[[Die Vaderland]]'' met die naam ''Die Brandwag''. Die naam is gekies ter ere van sy voorganger, die eerste Afrikaanse weekblad van gehalte in die Noorde van die land wat van 1910 tot 1922 in Pretoria uitgegee is in 'n ernstige poging om die Afrikaanse taal te bevorder, potensiële skrywers te ontdek en aan te moedig en om Afrikaners se leeslus te prikkel.
 
[[BeeldLêer:Die Nuwe Brandwag.jpg|thumb|270px|left|''Die Nuwe Brandwag'' se vierde nommer van sy eerste jaargang in 1929. Die buiteblad is waarskynlik deur mederedakteur [[Pierneef]] ontwerp.]]
 
==Voorgangers==
Die eerste ''Brandwag'' het vanaf [[Uniewording]] op [[31 Mei]] [[1910]] tot Februarie 1922 onder mederedakteurskap van Dr. W.M.R. Malherbe en dr. [[Gustav Preller]] verskyn en was die monstukmondstuk van die Afrikaanse Taalgenootskap (sien [[Geskiedenis van Afrikaans]]). Malherbe het van September 1910 tot 1919 alleen die redakteurskap behartig, waarna Preller by hom oorgneemoorgeneem het. Die tydskrif het 'n belangrike bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde in die nadraai van die [[Anglo-Boereoorlog]] en 'n lewendige belangstelling by sy lesers in die geskiedenis van die land aangewakker deur artikels soos byvoorbeeld dié deur Preller geskryf oor die Voortrekkers. Dit het onder meer insiggewende artikels oor die skilder- en beeldhoukuns bevat en het met buiteblaaie gespog wat deur kunstenaars soos [[Pierneef]] en [[Frans Oerder]] ontwerp is. 'n Ruk lank het dit 'n hoë letterkundige standaard gehandhaaf en bydraes van die voorste Afrikaanse skrywers en digters. Onder hulle het [[Jan Celliers]], [[Louis Leipoldt]], [[Leon Maré]] en [[Jochem van Bruggen]] getel. Die eerste gedig van [[Toon van den Heever]] het in ''Die Brandwag'' verskyn, naamlik ''In die Hoëveld'', die Afrikaanse verwerking van ''De Mynwerker'', wat in die Joernaal van die Ermelo-Hoërskool se Jongensklub in 1913 opgeneem is. Vanaf Maart 1920 is ''Die Banier'' as maandblad oor die wetenskap en letterkunde saam met ''Die Brandwag'' verskyn. Nadat ''Die Brandwag'' self tot niet gegaan het, het ''Die Banier'' nog enkele jare lank op sy eie voortbestaan.
 
'n Onverwante blad van hoë letterkundige waarde was ''Die Nuwe Brandwag'' wat van 1929 tot November 1933 verskyn het met prof. M.L. du Toit en Pierneef as redakteurs. Omdat die plek van die eerste ''Brandwag'' teen daardie stadium hoofsaaklik deur die ''[[Huisgenoot]]'' ingeneem is, het ''Die Nuwe Brandwag'' hom veral op die letterkunde en kuns van 'n hoë gehalte toegespits. Artikels oor musiek, beeldhoukuns, argitektuur en skilderkuns het gereeld verskyn en afdrukke van kunswerke is hiermee tesame geplaas. Dit het 'n forum vir oorspronklike Afrikaanse digkuns, prosa en drama geword en ook resensies bevat van Afrikaanse, Nederlandse en Engelse letterkunde. Dit was waarskynlik een van die beste Afrikaanse tydskrifte van sy soort tot dusver.
 
[[Lêer:Die Brandwag00.jpg|thumb|regs|270px|Voorblad, 1 November 1910.]]
 
==''Die Brandwag'' (1937-1965)==
Anonieme gebruiker