Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

561 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
k
Bygewerk
Die eerste Europeërs wat die gebied van Milwaukee verken het, was [[Frankryk|Franse]] sendelinge en [[voyageur|pelshandelaars]]. Die Franse setlaar Solomon Juneau het hom in [[1818]] in die gebied gevestig en in [[1846]] het sy nedersetting met twee ander buurdorpe saamgesluit om as die ''City of Milwaukee'' (Stad Milwaukee) geïnkorporeer te word. Danksy die groot getalle [[Duitsland|Duitse]] en ander immigrante het die stad in die 1840's en in die volgende dekades vinnig gegroei.
 
Duitse immigrasie het ook die basis gevorm vir Milwaukee se "goue tydperk" vanaf die middel van die 19de eeu wat deur 'n florerende kulturele en politieke lewe gekenmerk was en sy hoogtepunt in 1912 met die verkiesing van die eerste sosialistiese burgemeester in die Verenigde State bereik het.
Die bewoners van Milwaukee staan in [[Engels]] as ''Milwaukeeans'' bekend en hulle stad het vanweë sy talle etniese en musiekfeeste die bynaam ''The City of Festivals'' gekry. Danksy die groot aantal brouerye wat hulle hoofkwartier in die stad het, word dit ook dikwels ''Brew City'' genoem.
 
Die bewoners van Milwaukee staan in [[Engels]] as ''Milwaukeeans'' bekend en hulle stad het vanweë sy talle etniese en musiekfeeste die bynaam ''The City of Festivals'' gekry. Danksy die groot aantal brouerye wat hulle hoofkwartier in die stad het, word dit ook dikwels ''Brew City'' genoem. Ander byname is ''German Athens'' (vanweë die sterk Duitse invloed) en ''Cream City'' ('n verwysing na die stad se tipiese boumateriaal, roomkleurige bakstene) Milwaukee fungeer daarnaas as 'n eersterangse kulturele en vermaaksentrum vir die Upper Midwest-streek.
 
== Etimologie ==
99 529

wysigings