Verskil tussen weergawes van "De Aar"

226 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
}}
 
'''De Aar''' is die derde grootste nedersetting in die provinsie [[Noord-Kaap]], in die suidweste van [[Suid-Afrika]]. Die dorp is 50 km oos van [[Britstown]]. Die ontwikkeling van De Aar gaan hand-aan-hand met die groei van die spoorweë en stoomtreine. Spoorlyne van die [[Wes-Kaap|Wes-]] en Ooskaap[[Oos-Kaap|Oos-Kaap]], [[Gauteng]], [[Zimbabwe]] en [[Namibia]] kom hier bymekaar. Die [[N10 (Suid-Afrika)|N10]] nasionale pad gaan deur De Aar.
 
Die eerste plase is reeds gedurende [[1837]] opgemeet in De Aar. Een van die plase is De Aar genoem omrede dit 'n sterk ondergrondse wateraar gehad het. Die spoorweg het De Aar gedurende [[1881]] bereik. Die spoorwegadministrasie het die plaas De Aar gekoop om die rangeerwerf en stasie gebou te huisves. Die dorp - wat eers Brounger-aansluiting genoem was - het uit die stasie ontwikkel.
 
Die elektrifisering van die spoorlyne tussen [[Kaapstad]] en [[Johannesburg]] het beteken dat stoomtreine uitgefaseer word en het De Aar se agteruitgang bewerkstellig.<ref>Op pad in Suid-Afrika, 1995. Bl 311</ref>
 
==VerwysingsDistrik==
Die distrik is 3&nbsp;300km<sup>2</sup> groot en is bekend vir merino- en saalperdstoeterye. [[Olive Schreiner]] het van [[1907]] tot [[1913]] in De Aar gewoon.
{{References}}
 
==Bron==
* Op pad in Suid-Afrika. BPJ Erasmus. 1995. Bl 311. ISBN 1 86842 026 4
 
== Eksterne skakels ==