Verskil tussen weergawes van "Mahikeng"

1 194 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: ko:마피켕)
 
'''Mahikeng''' (voorheen '''Mafeking''', en toe '''Mafikeng''') is die [[hoofstad]] van [[Noordwes]]provinsie, [[Suid-Afrika]], met omtrent 49 300 inwoners in 2001. Mafikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van [[Bophuthatswana]] was.
 
==Geskiedenis==
Die oorspronklike dorp Mafikeng het in [[1881]] ontstaan toe die Boere 'n 140 plase gekry het van twee Barolong-opperhoofde vir dienste verskaf as huursoldate in 'n meningsverskil. Die nedersetters het besluit om 'n republiek Goosen te stig met, Rooigrond, as hoofkwartier; sowat 15km vanaf Mafikeng. Die republiek is egter by Brittanje ingelyg gedurende [[1885]] deur 'n Britse ekspedisiemag onder leiding van sir Charles Warren. Hy het toe 'n dorp uitgelê waar Mafikeng vandag is. Die naam is Tswana en beteken ''plek van die klip''. Die spoorlyn vanaf [[Kaapstad]] het Mafikeng in [[1894]] bereik en dié vanaf [[Johaanesburg]] in [[1912]].
 
==Drie gebeurtenisse van die verlede==
Die dorp word vir drie dinge onthou:
* die [[Jamesoninval]] het hier begin
* die Beleg van Mafikeng tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]]
* die Boy Scout-beweging het hier begin.
 
==Bophuthatswana==
In [[1980]] is die dorp ingelyf by die onafhanklike staat [[Bophuthatswana]] en Mmabatho is langs die dorp aangelê. In April [[1994]] het Bothuthatswana sy onafhanklikheid prysggee en is weer by Suid-Afrika ingelyf.
 
==Bron==
* Op pad in Suid-Afrika. BPJ Erasmus. 1995. ISBN 1 86842 026 4
 
{{saadjie}}