Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

4 140 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
Bygewerk
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
'''Weliki Nowgorod''' ([[Russies]]: Вели́кий Но́вгород) is een van Rusland se mees historiese stede<ref>''The Archaeology of Novgorod,'' deur [[Valentin L. Yanin]], in ''Ancient Cities, Special Issue,'' (Scientific American), pp 120–127, c 1994</ref> en die administratiewe hoofstad van Nowgorod-oblast. Dit is geleë aan die Russiese federale snelweg M10 wat [[Moskou]] en [[Sint Petersburg]] verbind en aan die Wolchof-rivier. Dit was net bekend as Nowgorod tot in 1999, toe dit sy huidige naam ("die Groot Nowgorod") gekry het na aanleiding van sy [[Middeleeue|Middeleeuse]] naam, "Meester Nowgorod die Grote". Volgens die 2010-sensus het die stad 218&nbsp;724 inwoners.
 
==Geskiedenis==
 
Tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]], op 15 Augustus 1941, het die [[Duitsland|Duitse]] leër Nowgorod beset. Sy historiese monumente is stelselmatig verwoes. Toe die [[Sowjetunie|Sowjet]]leër die stad op 19 Januarie 1944 bevry, het minder as 40 van die voorheen 2&nbsp;536 steengeboue nog gestaan. Ná die oorlog is die stad geleidelik gerestoureer. In 1992 is sy belangrikste monumente tot ’n [[Wêrelderfenisgebied]] verklaar. In 1999 is die stad amptelik herdoop tot Weliki Nowgorod (letterlik "die Groot Nowgorod") na aanleiding van sy [[Middeleeue|Middeleeuse]] naam, "Meester Nowgorod die Grote".
 
==Attraksies==
[[Lêer:Nowgorod 2005 Millenium Monument.jpg|thumb|left|200px|Bronsmonument om Rusland se duisendjarige bestaan (1862) te vier.]]
Nowgorod is een van die Russiese stede met die meeste en oudste Middeleeuse monumente. Die belangrikste hiervan is die Sint Sofia-katedraal wat tussen 1045 en 1050 laat bou is deur Wladimir Jaroslawitsj, seun van [[Jaroslaf I van Kiëf|Jaroslaf die Wyse]]. Wladimir en sy ma, Anna, is in die katedraal begrawe.<ref>Tatiana Tsarevskaia, ''St. Sophia's Cathedral in Novgorod'' (Moskou: Sewjerni Palomnik, 2005), 3.</ref> Dit is die bes bewaarde 11de-eeuse kerk, waarskynlik die oudste gebou in Rusland wat nog gebruik word en die eerste wat die oorspronklike Russiese boustyl verteenwoordig: eenvoudige klipmure en vyf helm-agtige koepels). Dit het beroemde bronshekke gehad wat nou by die westelike ingang te sien is.
 
[[Lêer:Saint Sophia Cathedral in Novgorod.jpg|thumb|right|250px|Die Sint Sofia-katedraal.]]
In die [[Nowgorod-kremlin]], wat tradisioneel as die ''Detinets'' bekend is, is die oudste paleis in Rusland (die sogenaamde Kamer van die Fasette, 1433) wat gebruik is as die hoofvergadersaal van die aartsbiskoppe; die oudste Russiese [[kloktoring]]s (middel 15de eeu en 1673). Onder die nuwer monumente is die koninklike paleis (1771) en die bronsmonument om Rusland se duisendjarige bestaan te vier (1862).
 
Buite die Kremlin is drie groot kerke wat tydens die bewind van [[Mstislaf I van Kiëf|Mstislaf die Grote]] gebou is. Die Sint Nikolaas-katedraal (1113–'23), met fresko's van Mstislaf se familie, staan in [[Jaroslafhof]], voorheen die stad se hoofplein. Die Joerijef-klooster, een van die oudstes in Rusland (1030), bevat ’n hoë katedraal met drie koepels uit 1119. ’n Soortgelyke katedraal met drie koepels (1117) is te sien in die Antonijef-klooster wat deur Antoni, die stigter, laat bou is.
 
Nog 50 Middeleeuse kerke word regdeur die stad aangetref. Van hulle is deur die [[Nazi-Duitsland|Nazi's]] opgeblaas en daarna gerestoureer. Talle ander kerke uit die 13de, 14de en 15de eeu staan ook steeds. Nadat Iwan die Grote Nowgorod in 1478 verower het, het die argitektuur aansienlik verander. Moskouse argitekte het daarna kerke ontwerp wat geskoei was op kerke in die [[Moskouse Kremlin]], soos die Verlosserkatedraal van die Choetin-klooster (1515), die Katedraal van Godsmoeder van die Teken (1688) en die Sint Nikolaas-katedraal van die Wjazjisjtsjski-klooster (1685). Daar is egter nog kerke in die tradisionele styl gebou, soos die Kerk van Sint Boris en Sint Gleb (1586).
 
In Witoslawlitsi aan die Wolchof-rivier en die Mjatsjino-meer, naby die Joerijef-klooster, is in 1964 ’n prentjieagtige museum van houtargitektuur begin. Meer as 20 houtgeboue (kerke, huise en meulens) uit die 14de tot 19de eeu is uit die hele Nowgorod-streek daarheen gebring.
 
==Vervoer==
===Nasionaal===
Nowgorod is met [[Moskou]] (531&nbsp;km) en [[Sint Petersburg]] (189&nbsp;km) verbind deur die M10-snelweg. Daar is busse na Sint Petersburg en ander stede. Per spoor is die stad verbind met Moskou, Sint Petersburg, [[Minsk]] ([[Belarus]]) en groot stede in Noordwes-Rusland soos [[Pskof]] en [[Moermansk]]. Sedert die middel 1990's is daar nie gereelde vlugte na Nowgorod nie. Die naaste internasionale lughawe is Poelkowo in Sint Petersburg, sowat 180&nbsp;km noord van die stad.
 
===Plaaslik===
Die plaaslike vervoer bestaan uit ’n netwerk busse en [[trem]]s. Die tremstelsel van vyf roetes is in 1995 geopen en is die eerste nuwe tremstelsel in Rusland sedert die verbrokkeling van die [[Sowjetunie]].
 
==Bibliografie==
*William Craft Brumfield. ''A History of Russian Architecture'' (Seattle: Univ. of Washington Press, 2004) ISBN 978-0-295-98394-3
 
==Verwysings==
<references/>
[[image:Crystal txt.png|20px|left]]<small>Hierdie artikel is vertaal vanuit die [http://en.wikipedia.org/wiki/Veliky_Novgorod Engelse Wikipedia]</small>
 
==Eksterne skakels==
{{Commons category|Velikiy Novgorod|Weliki Nowgorod}}
*[http://www.novgorod.ru/english.php Nowgorod]
*[http://www.visitnovgorod.com/ Nowgorod vir toeriste]
*[http://nbp.natm.ru/eng/ Nowgorod vir sakelui]
 
===Russies===
{{Commons category|Velikiy Novgorod|Weliki Nowgorod}}
*[http://www.russiancity.ru/text/nov.htm Argitektuur]
*[http://1000.home.nov.ru/ Millennium-gedenkwebwerf]
*[http://news.novgorod.ru/news/ Weliki Nowgorod-nuus]
*[http://www.novsu.ru/ Staatsuniversiteit]
 
[[Kategorie:Nedersettings in Rusland| ]]