Verskil tussen weergawes van "Hubble-ruimteteleskoop"

taaldetail
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: kk:Хаббл телескопы)
(taaldetail)
In 2002 is Hubble met die ''Advanced Camera for Surveys'' toegerus, wat sy sig drasties verbeter het. 'n Span sterrekundiges het Hubble gebruik om 25 supernovae op te spoor, wat se lig reeds vir miljarde jare gereis het. Die meting van die lig en die afstande van die verskillende supernovae het daarop gedui dat die uiteensetting besig is om te versnel, in plaas van om te vertraag.
 
Daar word nou gespekuleer dat, alhoewel die uiteensetting na die Oerknal aanvanklik vertraag is as gevolg van swaartekrag, daar ook 'n raaiselagtige, afstotende krag was. Aangesien die heelal se massa baie dig was aan die begin, sou die swaartekrag baie sterker gewees het, sterk genoeg om hierdie afstotende krag te oorwin. Namate die sterrestelsels egter al hoe verder uit mekaar beweeg het, het die swaartekrag verswak, soveeltot so, 'n mate dat hierdie afstotende krag, genaamd "donker energie", begin oorneem het en die uiteensetting begin versnel het.
 
====Swartgate====
9 241

wysigings