Verskil tussen weergawes van "Suid-Afrikaanse Seemag"

geen wysigingsopsomming nie
'''Suid-Afrikaanse Seemag''' is 'n voormalige ([[1942]]-[[1951]]) naam van die [[Suid-Afrikaanse Vloot]].
 
Die ''Verdedigingsmag ter See'' en die ''Koninklike Marine-vrywilligerreserwe'' het op [[1 Augustus]] [[1942]] saamge­smelt om die Suid-Afrikaanse Seemag te vorm. In 1944, toe die [[Tweede Wêreldoorlog]] sy hoogtepunt bereik het, het die Suid-Afrikaanse Seemag uit 87 vaartuie bestaan. 'n Totaal van 329 lede van die Suid-Afrikaanse Seemag is tydens vyandelike aksie gedood of het gesterf terwyl hulle op aktiewe diens was en 225 toekennings is vir dapperheid of uitnemende diens aan hulle toegeken.
 
Die Suid-Afrikaanse Seemag het op [[1 Januarie]] [[1951]] die [[Suid-Afrikaanse Vloot]] geword.
 
== Sien ook ==
* [[Suid-Afrikaanse Seediens]]
* [[Suid-Afrikaanse Vloot]]
 
== Eksterne skakels ==
* [http://sadf.info/TitleNavy.html Meer inligting op sadf.info]
 
{{saadjie}}
Anonieme gebruiker