Verskil tussen weergawes van "Lambertsbaai"

Die dorpie is gestig op die plaas Otterdam wat deur Johann Stephan besit was. Die Kaapse regering het die grond gekoop en die eerste erwe is in [[1913]] verkoop. Die dorp is vernoem na sir Robert Lambert, die bevelvoeder van die Britse vlootbasis aan die Kaap in [[1820]], wat opmetings van die see in die gebied gedoen het.
 
[[Voëleiland]] is 'n gewilde besoekplek vir toeriste. Die eiland is 'n broeiplek van die witmalgas. Hier word ook jaarliks [[ghwano]] verwyder.
 
==Bronne==