Verskil tussen weergawes van "Pablo Neruda"

3 522 grepe verwyder ,  8 jaar gelede
k (Wysigings deur 212.170.112.113 teruggerol na laaste weergawe deur Hoo man)
'''Pablo Neruda''' ([[12 Julie]] [[1904]] – [[23 September]] [[1973]]) was die pennaam en, later, wettige naam van die [[Chili|Chileense]] [[Nobelprys vir Letterkunde|Nobelprysbekroonde]] digter, diplomaat, en [[Kommunisme|kommunistiese]] politikus '''Ricardo Eliecer Neftalí Reyes Basoalto'''.
 
CHINOS Y MOROS ME COMEN TO EL POTORRO -.- --> CHINITO JAPONES bY DANIEL GONZALES LOPEZ ORTEGA
== Lewensgeskiedenis ==
In 1946 het Neftali Ricardo Reyes Basoalto die skuilnaam, Pablo Neruda, wat hy tóé reeds twintig jaar gebruik het, wettiglik sy eie gemaak. Neruda is op 12 Julie 1904 in Parral, [[Chili]] gebore. Sy vader, José del Carmen Reyes, 'n arm spoorwegwerker het nie saamgestem met sy literêre aspirasies nie en sy moeder, Rosa Basoalto, het aan [[tuberkulose|tering]] gesterf toe Neruda nog 'n jong kind was.
 
Neruda begin op tien-jarige ouderdom gedigte skryf. Die lang, teruggetrokke eensame Neftali woon die Temuco seunskool by waar hy sonder ophou lees en sy gedigte in plaaslike koerante en tydskrifte laat publiseer. Sy eerste bundel gedigte, Crepusculario, word in 1923 gepubliseer. Hy begin in [[Santiago, Chili|Santiago]] [[Frans]] studeer waar hy 'n boheemse bestaan voer. Nadat hy sy Franse studies gestaak het, skryf hy nog drie werke: Attempt of the Infinite Man (1926), Rings (1926), and The Enthusiastic Slingshooter (1933).
 
Tussen 1927 en 1935 tree hy op as ere-konsul in [[Birma]] (Mianmar), [[Ceylon]], (Sri Lanka), Java, [[Singapoer]], [[Buenos Aires]], [[Barcelona]] en [[Madrid]]. Gedurende hierdie moeilike tydperk in sy lewe skryf hy Residencia en la tierra (Woning op Aarde - 1933), 'n visioenêre werk oor die opkoms van fascisme. Hy maak 'n bestaan uit die vertaal en skryf van tydskrif- en [[koerant]]artikels. Hy skaar homself by die Spaanse Republikeine en help in [[1939]], in sy hoedanigheid as konsul in [[Parys]], Spaanse vlugtelinge om hulle in Chili te hervestig. In 1940 aanvaar hy 'n pos as Chili se konsul-generaal in [[Meksiko]].
 
In 1930 trou hy met Maria Antonieta Hagenaar, maar hulle gaan in 1936 uitmekaar. Gedurende die dertiger- en veertigerjare woon hy saam met die [[Argentginië|Argentynse]] skilderes, Delia del Carril, wat sy belangstelling in die linkse politiek aanmoedig. Hulle trou in [[1943]], maar die verbintenis word nie in Chili erken nie en in 1955 gaan hulle uitmekaar. In [[1966]] trou Neruda met die Chileense sangeres Matilde Urrutia, wat die inspirasie vir sy latere gedigte sou word.
 
In 1943 sluit Neruda by die Kommunistiese party aan en word twee jaar later tot die Chileense senaat verkies. Nadat hy egter vir President Gonzalez Videla in die pers aangeval het, vlug hy met 'n manuskrip van Canto General in sy saalsak, na Mexico om weg te kom van regse ekstremiste. Hy reis na [[Rusland]] en [[Volksrepubliek van Sjina|Sjina]] en keer in [[1952]] na Chili terug, nadat Videla's se leermag verslaan is. Neruda se ballingskap is in Las Uvas y el Viento (1954) opgeteken.
 
Wanneer Khruschchev in 1956 Stalin se wandade openbaar maak, word Neruda se Marxistiese oortuiginge geskok. Hy vestig hom nou permanent op Isla Negra, terwyl hy steeds dikwels op reis gaan. So besoek hy byvoorbeeld [[Kuba]] in 1960 en die [[Verenigde State]] in 1966. President [[Salvador Allende]] wys Neruda aan as Chili se ambassadeur in [[Frankryk]] vanaf 1970 tot 72.
 
Tussen [[1958]] en [[1973]] lewer Neruda twintig werke. Nog 'n verdere agt werke waarvan sommige in 'n verskeidenheid tale vertaal is, verskyn postuum. Alhoewel sy oeuvre uniek is en daarom nie rigied gekategoriseer kan word nie, kan dit nogtans in vier areas verdeel word: liefdesverse (The Captain's Verses - 1952); gedigte wat spreek van eensaamheid en bedruktheid (Residencia en la tierra); epiese stryd (Canto General) en poësie oor die elke dag se bestaan (Odas elementales - 1954-1957).
 
Memorial de Isla Negra, 'n outobiografiese werk bestaande uit vyf volumes, is op sy sestigste verjaarsdag gepubliseer. Neruda sterf op 23 September 1973 in Santiago aan bloedkanker.
 
== Belangrikste prestasies ==
Anonieme gebruiker