Verskil tussen weergawes van "Kaapse maanskynvis"

== Voorkoms ==
Die volwasse vis is silwer terwyl die punte van die dorsale- en anale vinne donker geel of swart is. Die onvolwasse visse is ook silwer met 11 - 12 nou donker vertikale strepe oor die liggaam. Die vis word 25 cm lank.
 
== Habitat ==
Hulle verkies sanderige of rotsagtige omgewings. Die volwasse visse verkies riviere, strandmere en hawe areas sowel as die see terwyl die onvolwasse vissies in varswater of strandmere kan voorkom. Die vis is geskik vir 'n koue water [[akwarium]].
 
== Sien ook ==
112 485

wysigings