Verskil tussen weergawes van "Swartogies-slangpaling"

geen wysigingsopsomming nie
 
Die '''Swartogies-slangpaling''' (''Myrichthys maculosus'') is 'n [[vis]] (daar word na die vis verwys as 'n paling) wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die [[Rooi See]], die eilande van die westelike [[Indiese Oseaan]] en aan die ooskus van [[Afrika]] van [[Oman]] tot by die [[Oos-Kaap]]. In Engels staan die paling bekend as die ''Spotted snake eel''.
 
==Voorkoms==
Die paling is lig van kleur en die lyf en kop is bedek met klein en groot ronde of ovaalvormige swart of bruin kolle. Die paling kan 1 m lank word. Die dorsale vin is herkenbaar op die rug en die pektorale vinne is ook sigbaar. Die stertpunt is hard en vinloos.
 
==Habitat=
Die paling word gereeld gesien in die dag in die sanderige gedeeltes van koraal riwwe. Hulle kom ook voor in seegrasbeddings. Hulle eet vissies en [[skaaldier]]e. Swartogies-slangpaling wat op eenslag geëet word, kan 'n gat in die pens van hul jagter met hul stertpunt maak. Hulle aard goed in groot [[akwarium]]s.
 
==Sien ook==