Verskil tussen weergawes van "Swartogies-slangpaling"

Die paling is lig van kleur en die lyf en kop is bedek met klein en groot ronde of ovaalvormige swart of bruin kolle. Die paling kan 1 m lank word. Die dorsale vin is herkenbaar op die rug en die pektorale vinne is ook sigbaar. Die stertpunt is hard en vinloos.
 
==Habitat==
Die paling word gereeld gesien in die dag in die sanderige gedeeltes van koraal riwwe. Hulle kom ook voor in seegrasbeddings. Hulle eet vissies en [[skaaldier]]e. Swartogies-slangpaling wat op eenslag geëet word, kan 'n gat in die pens van hul jagter met hul stertpunt maak. Hulle aard goed in groot [[akwarium]]s.