Verskil tussen weergawes van "Rys"

772 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
'''Rys''' (''Oryza sativa'') behoort soos alle [[Graan|grane]] tot die grassefamilie (''Poaceae'') en is 'n stapelvoedsel vir 'n groot deel van die wêreldbevolking, veral in die warmer streke. In die subtrope word die ondersoort ''Oryza sativa'' subspesie ''japonica'' verbou, terwyl in die tropen die ondersoort ''Oryza sativa'' subspesie ''indica'' die oorhand het. [[Sjina]] is die grootste verbouer en verbruiker van rys en [[Thailand]] is die grootste uitvoerder.
 
==Oorsprong==
Rys kom oorspronklik van suidoos-Asië, waar verbouing reeds minstens 8 000 jaar gelede aan die gang was.<ref name="myfundi">{{af}}[http://myfundi.co.za/a/Grasse_Belang_vir_die_mens| Grasse: Belang vir die mens] Geraadpleeg 4 Januarie 2012</ref> In groot dele van Asië is die kookkuns tot vandag nog grootliks op rys gebaseer.
 
Rys is reeds in 711 deur Arabiere na [[Spanje]] gebring, maar het eers teen die [[Middeleeue]] die res van [[Europa]] bereik.<ref name="myfundi"/> Daar is dit aanvanklik as bestanddeel vir nageregte gebruik, soos byvoorbeeld om dit met [[melk]] en [[suiker]] te eet.
 
<!-- In [[Suid-Afrika]] is ná die [[Tweede Wêreldoorlog]] begin met die kommersiële verbouing van rys in die warm, nat noordoostelike dele van die land.-->
 
{{saadjie}}
3 195

wysigings