Pelagiese sone: Verskil tussen weergawes

2 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
[[Lêer:Wfm pelagic.png|thumb|regs|200px|Skematiese voorstelling van die verskillende subsones binne in die pelagiese sone.]]
 
Die '''pelagiese sone''' is die deel van die oop [[see]] of [[oseaan]] wat nie naby die [[kuslyn|kus]] of bodem is nie. Die woord is afgelei van die Griekse woord, "πέλαγος" (pélagos), wat rofweg as "see" vertaal kan word, maar meer akkuraat "''oop'' of ''diep see"'' beteken.
 
== Subsones ==
Die pelagiese sone word opgedeel in:
 
* '''Epipelagiese sone''' - oppervlak tot 200 meter diep. Die meeste plante en diere kom hier voor. Fotosintese kan ook in die laag plaasvind as gevolg van dieomdat sonlig wat geredelik tot die diepte deurdring. Die gevolg is dat plantelewe floreer wat weer verskeie diere voed.
 
* '''Mesopelagiese sone''' - van 200m tot 1000m. Die sone is bedags in skemerteskemer gehul. Verskeie seediere skuil bedags in die sone.
 
* '''Batipelagiese sone''' - van 1000m tot 4000m. Die sone is deurentyd donker en die waterdruk geweldig hoog. Slegs spesiaal toegeruste spesies kan hier oorleef.
 
* '''Abissopelagiese sone''' - van 4000m tot die oseaan se bodem. Geen lig dring tot hier deur nie en die dierelewe is blind en kleurloos.
 
* '''Hadalpelagiese sone''' - die water in diep skeure en slote. Min is bekend oor die sone. Slegs 'n paar spesies leef hier, maar verskeie organismes leef in hidrotermiese ventilasie openinge.
 
{{Saadjie}}
Anonieme gebruiker