Verskil tussen weergawes van "Dinkhoede van De Bono"

k (r2.6.4) (robot Bygevoeg: cs:Metoda šesti klobouků)
 
=== Die rooi hoed — gevoelens en emosies ===
Die rooi hoed verteenwoordig vuur en warmte, met ander woorde ''emosies, gevoelens en intuïsie''. In konvensionele denke probeer denkers emosie onderdruk of andersinds as logika [[kamoefleer]]. Die doel van die rooi hoed is om emosies tot die denkproses toe te laat deur dit van 'n amptelike plek in die besprekings te voorsien. Voorbeelde van hoe emosie 'n rol kan speel in die bespreking, is met aanmerkings soos "Ek hou glad nie van hierdie idee nie.", "My gevoel is dat hierdie eenvoudig nie sal werk nie.", "My intuïsie is dat 'n prysverhoging die mark sal verwoes.", "Ek voel dit is 'n mors van tyd.".
 
'n Belangrike punt om van kennis te neem, is dat onder die rooi hoed geen verduidelikings vir gevoelens gegee hoef te word nie. Deelnemers maak eenvoudig die gevoelens binne hulle bekend. Die rede hiervoor is dat deelnemers gewoonlik self nie die redes vir hul gevoelens ken nie, en om hierdie rede sou hulle nie hul gevoelens bekend gemaak het nie tensy daar spesifiek van hulle vereis word om so te maak.
Anonieme gebruiker