Kaukasus: Verskil tussen weergawes

1 362 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (r2.6.5) (robot Bygevoeg: bs:Kavkaz (planina))
kNo edit summary
[[Lêer:Kaukasus.jpg|thumb|Satellietbeeld van die Kaukasus]]
 
Die '''Kaukasus-bergreeks''' ([[Armeens]]: ''Կովկաս''; [[Aserbeidjans]]: ''Qafqaz''; [[Georgies]]: ''კავკასიონი'', ''Kawkasioni''; [[Persies]]:رشته‌کوه قفقاز; [[Russies]]: ''Кавказ'', ''Kawkas''; [[Turks]]: ''Kafkas Dağları'') is 'n bergreeks in [[Eurasië]], wattussen die natuurlikeSwart- grensen tussenKaspiese [[Asië]] en [[Europa]]See vorm. Die Kaukasus skei [[Rusland]]een van die landegeografiese [[Georgië]]grense entussen [[Azerbeidjan]]Europa en strek oor 'n afstand van sowat 1100 kilometer van die [[Kaspiese See]] aan die [[Swartsee]]Asië. DieDit Kaukasusword bestaanverdeel uitin die Groter Kaukasus in die noorde en die Kleiner Kaukasus in die Suidesuide.
 
Die pieke in sy [[gletser|vergletserde]] sentrale gedeelte verrys tot 'n hoogte van meer as 5 000 meter, waaronder twee uitgedoofde [[vulkaan|vulkane]], Elbrus (5 642 meter) en Kasbek (5 033 meter). Die Kaukasus-bergreeks strek oor 'n afstand van 1 100 kilometer en oor vier lande, die Russiese Federasie in die noorde, Georgië in die weste, en Armenië en Azerbeidjan in die suide. Die hoogste bergrug vorm grotendeels ook die grenslyn tussen Rusland en Georgië en Azerbeidjan, terwyl die kleiner bergrug Georgië van [[Turkye]] en [[Armenië]] skei. Die hoogste bergtop is die [[Elbrus]] met 5642 meter.
 
In klimatiese opsig vorm die Kaukasus 'n oorgangsgebied tussen die gematigde en subtropiese sone wat onder die invloed van die oseaniese Middellandse Seegebied en die uitgestrekte Siberiese vlaktes met hul kontinentale klimaat staan. Die sowat 1 400 Kaukasus-gletsers beslaan 'n totale oppervlak van byna 1 800 km², en die langstes onder hulle strek oor 'n afstand van veertien kilometer. Nog in die Sowjettyd was die bergreeks 'n gewilde ontspannings- en skigebied, alhoewel sy infrastruktuur nie met dié van ander berggebiede in Europa kan meeding nie.
In die Kaukasusgebergte lê die konflikgebiede [[Abchasië]], [[Dagestan]], [[Ingoesjetië]], [[Nagorno-Karabach]], [[Suid-Ossetië]] en [[Tsjetsjnië]].
 
Geen ander streek in Rusland word deur dieselfde etniese veelvuldigheid gekenmerk soos die noordelike Kaukasus. Die bergstreek word deur ongeveer vier miljoen mense bewoon wat uit sowat tagtig kleiner en groter etniese groepe bestaan. So word na die Kaukasus dikwels ook as die "Byekorf van volke" of die "Berg van tale" verwys. Die Noord-Kaukasiese volke inRusland sluit Kabardyne, Balkare, Adigejers, Karatsjaïers, Tsjerkesse, Tsjetsjene, Ingoesjete, Noord-Ossetiërs en Dagestaners in. Dikwels vorm enkele duisend mense 'n selfstandige etniese groep met hul eie taal.
 
Die meeste Kaukasiërs is Moslems. Die uitbreiding van radikale Islam in [[Tsjetsjnië]], 'n republiek wat na onafhanklikheid strewe, maak van die Kaukasus-streek die Achilleshiel van Rusland.
 
{{Saadjie}}