Verskil tussen weergawes van "Tertius Myburgh"

(Nuwe blad: '''Albert Tertius Myburgh''' (26 Desember 1936 - ?) was 'n Suid-Afrikaanse verslaggewer en koerantredakteur wat veral bekendheid verwerf het in sy hoedanigheid as redakteur van...)
 
 
==Waardering==
Prof. Hendrik Willem van der Merwe skryf in 1987 die boek ''A question of survival - Conversations with key South Africans'' van Myburg: "Hy bevind hom iewers in die Establishment en hy het betreklike behoudende standpunte oor seker sake. In die toekoms sal sy bydrae krities van die regering wees solank hulle nie wegdoen met sekere diskriminerende raswette nie, maar hy sal waarskynlik ook krities wees van outoritêre maatreëls. Dus, in 'n fundamentele sin, beskou ek hom nie as in teenstand tot die Establishment nie." In dieselfde boek skryf die politieke ontleder prof. Hennie Kotzé: "In terme van die agenda-bepalende rol wat hy vertolk, deur die grootste Sondagkoerant, is hy belangrik. Die ''[[Sunday Times]]'' is ook ingehaal deur die gebeure in Suid-Afrika en is nie meer die liberale koerant wat dit eens was nie. Dit is bra konserwatief en die regering hou daarvan omdat dit kritiseer, maar nie te kwaai nie. Maar hy is wel belangrik." [[Max du Preez]] beaam die standpunt dat Myburgh kop en in een mus met die regerende party van destyds was in 'n rubriek in die ''[[Mail & Guardian]]'' van [[11 Januarie]] [[2009]] oor die dood van [[Helen Suzman]]. Du Preez het in 1985 weer in die persgalery in die Parlement gaan werk, dié keer vir die ''[[Sunday Times]]''. "Nou was my politieke baas Tertius Myburgh. Tertius was gans en al te glad om vir (Helen Suzman) kru etikette te gee soos (Alf) Ries (politieke redakteur van ''[[Die Burger]]'' toe Du Preez vir daardie koerant gewerk het) gemaak het, maar is laat verstaan dat sy 'n 'onproduktiewe politieke mag' was wat die Afrikaner en Afrika-politiek heeltemal misverstaan het."
 
==Bronne==
85 663

wysigings