Verskil tussen weergawes van "Pilaf"

641 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
Bygewerk
kNo edit summary
k (Bygewerk)
 
Die rys word in 'n verhouding van 1:2 met beesboeljon in 'n oop pot gaargemaak en daarna in 'n bedekte pot gestoom. Dit moet los en nog effens ferm wees. Ander bestanddele word volgens die verskillende resepte bygevoeg terwyl die pilaf nog kook of wanneer dit bedien word.
 
== Etimologie en geskiedenis ==
 
Kultuurhistorici beskou die Persiese term ''poelof'' (tans ''polof'') as een van die vroegste benamings vir die gereg. Dié term is egter moontlik uit Indië oorgeneem waar die tipiese kookmetode vir pilaf deur moslems ingevoer is.
 
Die oudste verwysings na dié metode kom in 13de eeuse Arabiese boeke voor wat in [[Baghdad]], [[Irak]] en in [[Sirië]] geskryf is. As bestanddele word hier vleis, peulvrugte en vrugte genoem.
 
Een van die oudste resepte is dié vir ''qabuli pulaw'' (kaboeli pilaf) wat oorspronklik net van vleis en kekerertjies, maar vandag ook nog van amandels en rosyntjies berei word.
 
[[Kategorie:Kookkuns]]