Verskil tussen weergawes van "Groenpunt-vuurtoring"

geen wysigingsopsomming nie
k (r2.7.1) (robot Bygevoeg: es:Faro de Green Point (Ciudad del Cabo))
[[BeeldLêer:Greenpoint Lighthouse close-up.jpg|thumb|right|300px|Die Groenpuntvuurtoring]]
 
Die '''Groenpuntvuurtoring''' is 'n rooi en wit geverfde [[vuurtoring]] op die noordwestelike punt van [[Tafelbaai]] in [[Groenpunt]], [[Kaapstad]]. Dit is die oudste vuurtoring in Suid-Afrika en is deur die Duits-gebore argitek [[Herman Schutte]] ontwerp en in [[1823]], teen 'n koste van 5420 pond, voltooi en op [[12 April]] [[1824]] in gebruik geneem<ref>Voetspore op die Strand, [http://www.mnet.co.za/Voetspore/vs_dagboek.asp?StoryID=1137 Dag Vyf en veertig], besoek op 21 Desember 2006</ref>. In [[1926]] is dit met 'n mishoring toegerus en twee jaar later is dit geëlektrifiseer.
Die rotsige Groenpunt staan reeds vir eeue onder seevaarders bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap. Die laaste in 'n lang lys van skepe, wat hier gestrand het, is die Seafarer, wat in [[1967]] op die rotse geloop het. Wanneer die vuurtoring met mis omhul word, soos dikwels in die winter gebeur, waarsku die mishoring se klank skepe vir myle in die see in.
 
==Verwysings==
{{Verwysings}}
<!--Die artikel gebruik die Cite.php verwysingsmeganisme. Meer inligting oor die meganisme is beskikbaar by http://meta.wikimedia.org/wiki/Cite/Cite.php -->
<div style="font-size:92%;"><references /></div>
 
{{Saadjie}}
{{Vuurtorings_van_Suid-Afrika}}
 
Anonieme gebruiker