Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

1 694 grepe bygevoeg, 7 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:Blanche Gerstman.jpg|thumb|regs|320px|Blanche Gerstman.]]
'''Blanche Gerstman''' ([[2 April]] [[1910]] - [[11 Augustus]] [[1973]]) was een van Suid-Afrika se belangrikste komponiste, maar ook 'n veelsydige musikus wat haar brood as orkesspeler verdien het.
 
'''Blanche Gerstman''' ([[2 April]] [[1910]]<ref>''Afrikaanse kultuuralmanak gee haar geboortedatum as 2 April aan, maar die ''[[Standard Encyclopaedia of Southern Africa]]'' as 29 Julie, ook 1910</ref> - [[11 Augustus]] [[1973]]) was een van Suid-Afrika se belangrikste komponiste, maar ook 'n veelsydige musikus wat haar brood as orkesspeler verdien het.
Sy was van tyd tot dosent in komposisie aan die [[Universiteit van Pretoria]] en die [[Universiteit van Kaapstad]]. Sy het musiek vir die viool, klavier, orrel en orkes gekomponeer, maar het haar grootste welslae behaal met sangwerke, waarvan die koorwerke ''Die Boodskap van Maria'' en ''Uit die Passie'' die belangrikste is.
 
Sy ontvang haar voorbereidende opleiding by Victor Hely-Hutchinson (teorie) en Colin Taylor (klavier) en verwerf die graad B,Mus. onder prof. W.H. Bell aan die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in [[Kaapstad]]. In 'n vroeë komposisie, ''Hellas'' (1928), vir sopraan, vrouekoor en orkes, het sy vir die eerste keer haar aanleg getoon vir die soort musiek wat sy later met groot welslae sou komponeer. Nietemin het sy in die daaropvolgende jare haar voorliefde vir suiwer instrumentale musiek werke vir klavier en viool behou en in 1950 'n voortreflike sonate vir die twee instrumente gekomponeer.
 
Buiten die liedere wat sy Engels, Duits en Nederlands geskryf het, het sy ook 'n aantal Afrikaanse gedigte van [[Jan F.E. Celliers]], [[W.E.G. Louw]], [[Elisabeth Eybers]] (die sangsiklus ''Die lied van die vrou''; 1953) en Ch. Weich getoonset. Haar koorwerke gegrond op die gedigte van [[N.P. van Wyk Louw]] (''Die Boodskap van Maria'') en [[I.D. du Plessis]] (''Ode to South Africa'') is tussen 1946 en 1948 geskryf. Sy was van tyd tot tyd dosent in komposisie aan die [[Universiteit van Kaapstad]] se S.A. Musiekkollege en van 1961 tot 1963 aan die [[Universiteit van Pretoria]] en die . Hoewel sy deurentyd musiek vir die viool, klavier, orrel en orkes gekomponeer het, het sy haar grootste welslae behaal met sangwerke, waarvan, buiten die voorafgenoemde twee werke, ''Uit die Passie'' ook belangrik is.
 
Met 'n beurs wat sy in 1950 by die Performing Rights Society gewen het, kon sy in [[Londen]] verder gaan studeer. In de Kaapstadse Munisipale Orkes het sy die kontrabas gespeel van 1940 tot 1950 en weer van 1964 tot 1966.
 
==Bronne==
* Potgieter, D.J. (ed.) 1974. ''[[Standard Encyclopaedia of Southern Africa]]''. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
* Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. ''Afrikaanse kultuuralmanak''. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge.
 
 
==Verwysings==
{{Verwysings}}
 
[[Kategorie:Suid-Afrikaanse komponiste]]
84 100

wysigings