Verskil tussen weergawes van "Eben Dönges"

9 841 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
| beeld = Dr TE Dönges.jpg
| beeldonderskrif = Dr. Eben Dönges in 1953
| orde orde2 = 13de Minister van Finansies
| termynaanvang2 = 20 Oktober 1958
| termynaanvang =
| termyneinde termyneinde2 = 24 Februarie 1967
| visepresident2 = [[C.R. Swart|Adv. Blackie Swart]] (’61 =- ’67)
| eersteminister2 = [[Hendrik Verwoerd|Dr. Hendrik Verwoerd]]<br>[[John Vorster]]
| voorganger =
| monarg2 = [[Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk|Elizabeth II]] (tot ’61)
| opvolger =
| voorgangervise2 =
| voorganger2 = [[Jozua François Naudé|Tom Naudé]]
| opvolger2 = [[Nic Diederichs|Dr. Nic Diederichs]]
| geboortedatum = 8 Maart 1898
 
| sterfteplek = [[Kaapstad]], [[Kaapprovinsie]]
| party = [[Nasionale Party]]
| orde = [[Eerste Minister van Suid-Afrika]] <small>(wnd.)</small>
| orde2 =
| termynaanvang = 6 September 1966
| termynaanvang2 =
| termyneinde2termyneinde = 13 September 1966
| vise2president = [[C.R. Swart|Adv. Blackie = Swart]]
| voorganger2vise =
| voorganger = [[Hendrik Verwoerd|Dr. Hendrik Verwoerd]]
| opvolger2 =
| orde3opvolger = [[John = Vorster]]
| orde3 = 12de Minister van Binnelandse Sake
| termynaanvang3 =
| termyneinde3termynaanvang3 = 4 =Junie 1948
| termyneinde3 = 20 Oktober 1958
| monarg3 = [[George VI van die Verenigde Koninkryk|George VI]]<br>[[Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk|Elizabeth II]] (tot ’61)
| eersteminister3 = [[D.F. Malan|Dr. Daniel Malan]]<br>[[J.G. Strijdom|Johannes Strijdom]]<br>[[Hendrik Verwoerd|Dr. Hendrik Verwoerd]]
| vise3 =
| voorganger3 = Harry Gordon Lawrence
| opvolger3 = [[Jozua François Naudé|Tom Naudé]]
| eggenoot = Johanna Cathatina Louisa (Billie) Schoeman
| kinders = Twee dogters
 
== Toetrede tot die politiek ==
BeneweneBenewens sy dubbele redaksionele betrokkenheid is hy ook in 1924 in [[Pretoria]] tot die Transvaalse balie toegelaat en nadat hy sy werk by Die Burger laat vaar het, is hy in 1927 ook tot die Kaapse balie toegelaat. Van 1929 tot 1939 het hy as deeltydse regsadviseur vir die Kaapse Provinsiale Administrasie opgetree, hoewel hy reeds in 1937 tot die Vrystaatse Afdeling van die Hooggeregshof toegelaat is. In 1939 het hy senior advocaat geword en tot 1948 gepraktiseer. Hy was een van enkele Suid-Afrikaners wat ’n saak voor die Geheime Raad in Londen behartig het. Tesame met sy regswerk was hy ook deeltijdse lektor in die regte aan die [[Universiteit van Stellenbosch]] waar hy die uitleg van wette gedoseerd het en gespecialiseerdgespesialiseer het in die maatskappyreg.
 
Tydens die politieke samesmelting in 1934 tussen genls. [[J.B.M. Hertzog]] en [[J.C. Smuts]] het hy die leiding van dr. [[D.F. Malan]] gevolg en met die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1938|algemene verkiesing in 1938]] die NP as kandidaat vir [[Hoopstad (kiesafdeling)|Hoopstad]] verteenwoordig maar met 402 stemmen teen J.H. Viljoen van die [[Verenigde Party|VP]] verloor.
Hy was LV vir [[Fauresmith (kiesafdeling)|Fauresmith]] in die Vrystaat van 1941 tot 1948 en vir [[Worcester (kiesafdeling)|Worcester]] van 1948 tot [[27 Januarie]] [[1967]]. Van 1948 tot 1958 was hy minister van Binnelandse Sake en van 1958 tot 1967 minister van Finansies. In 1966 was hy tydelik [[Eerste Minister van Suid-Afrika|Eerste Minister]].
 
Dönges was betrokke by verskeie aspekte van die politieke woelinge gedurende die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Hy was onder meer lid van ’n kommissie wat deur die [[Afrikaner-Broederbond|AB]] aangewys is en onder voorsitterskap van prof. L.J. du Plessis op 4 November 1939 byeengekom het om ’n konsepgrondwet vir ’n toekomstige republiek op te stel. Die dokument het later groot spanning tussen die AB, die [[Herenigde Nasionale Party]] (Volksparty) en die [[Ossewa-Brandwag]] (OB) tot gevolg gehad. In 1941, na die uittrede van Hertzog en [[N.C. Havenga]] uit die politiek, het Dönges as kandidaat van die HNP in [[Fauresmith (kiesafdeling)|Fauresmith]] (Havenga se setel) gestaan en P.P. Swanepoel van die [[Afrikanerparty]] (AP) beslissend met 1&nbsp;580 stemme verslaan. In 1943 het hy teen twee kandidate gewen met ’n meerderheid van 2&nbsp;028 stemme. As parlementariër in die opposisiebanke het Dönges vinnig opgang gemaak en hom onderskei as die HNP se hoofwoordvoerder oor finansies en geldsake. Hy het ook ’n belangrike bydrae tot gekose komitees gelewer, soos die een wat ondersoek ingestel het na die ‘Duitse dokumente’ en die Denk-geval en gehandel het oor kontak tussen Nasionaaldenkendes in Suid-Afrika en Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog.
In 1967 was hy verkies as [[Staatspresident van Suid-Afrika|Staatspresident]], maar is as gevolg van siekte nooit in die amp ingesweer nie.
 
:{| class="wikitable"
|-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0
!Datum
!Stemme
!Persentasie
!Opponent (party)
!Meerderheid
|- align=right
|19 Maart 1941||3&nbsp;516||63,9%||P.P. Swanepoel (AP)||1&nbsp;580
|- align=right
|1943||3&nbsp;866||60,2%||A.J. Tromp (VP)<br>J.S. Els (AP)||2&nbsp;028
|}
 
In die stryd teen die OB het Dönges, wat aanvanklik ook lid was van dié organisasie, tydens ’n konferensie van HNP-leiers op 29 September 1941 maatreëls teengestaan wat Nasionaliste verplig het om uit die OB te bedank omdat hy gemeen het dat lede van die OB nie doelbewus van die HNP vervreem moes word nie. Nogtans het hy in dieselfde jaar uit die organisasie bedank, aangesien hy nie met die ideologie van die OB saamgestem het nie. Hy was wel een van dié wat tydens ’n vergadering van die AB in Mei 1945 geëis het dat die OB hom aan die politieke terrein moet onttrek en sy steun aan die beginsels van die HNP verleen.
 
Die ooreenkoms tussen die HNP en die AP het met die inisiatief van die AB tot stand gekom en dit was die rede waarom die samekoms van Malan en Havenga op 1 Maart 1947 aan huis van Dönges, wat ondervoorsitter van die AB was, plaasgevind het.
 
Met die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1948|algemene verkiesing van 1948]] het Dönges die [[Worcester (kiesafdeling)|kiesafdeling Worcester]] vir die HNP verower en dié kiesafdeling tot sy uittrede in 1967 vertegenwoordig. In die referendum van 1960 (om te stem vir of teen ’n republiek in die suide van Afrika) het 6&nbsp;793 uit 10&nbsp;215 in Worcester se kiesafdeling ten gunste van ’n republiek gestem.
 
:{| class="wikitable"
|-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0
!Datum
!Stemme
!Persentasie
!Opponent (party)
!Meerderheid
|- align=right
|1948||5&nbsp;233||53,4%||P.J. de Wet (VP)||718
|- align=right
|1953||5&nbsp;961||54,8%||J.G. Carinus (VP)||1&nbsp;136
|-align=right
|1958||6&nbsp;287||65%||G.H. Heatlie (VP)||2&nbsp;947
|-align=right
|1961||6&nbsp;832||68,1%||J. Dommisse (VP)||3&nbsp;657
|-align=right
|1966||Onbestrede||-||-||-
|}
 
Met die bewindsaanvaarding van die HNP na die oorwinning op 26 Mei 1948 is Dönges in die kabinet opgeneem as Minister van Binnelandse Sake en van Pos- en Telegraafwese. Laasgenoemde portefeulje is egter die jaar daarop vervang met dié van Mynwese wat hy tot 1950 behartig het. Daarna het hy slegs Binnelandse Sake gehanteer tot 1958, toe hy as Minister van Finansies aangewys is. Hy het dié portefeulje beklee tot en met sy uittrede in 1967.
 
== Amper Eerste Minister ==
Op 18 November 1953 het Dönges Malan as leier van die Nasionale Party (Die HNP het sedert 1951 as die Nasionale Party bekend gestaan) in Kaapland opgevolg. Met die premiersverkiesing in 1954 is sy naam as ’n moontlike kandidaat vir die premierskap genoem, maar hy het nie belanggestel nie. Met die afsterwe van [[J.G. Strijdom]] in 1958 het hy hom wel vir die premierskap verkiesbaar gestel, C.R. Swart in die eerste stemming gewen maar teen dr. H.F. Verwoerd verloor in die volgende rondte. Na die sluipmoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, het hy ’n ruk lank as Waarnemende Eerste Minister opgetree.
 
Na die uittrede van staatspresident C.R. Swart is Dönges deur die NP-koukus as kandidaat vir dié amp aangewys en op 23 Februarie 1967 het die parlementêre kieskollege hom as die staatshoof gekies. Hy kon egter nie op 31 Mei 1967 ingehuldigd word nie omdat hy op 11 Mei 1967 breinbloeding opgedoen het en in ’n komma was. Op 10 Junie 1967 is ’n delicate breinoperasie op hom uitgevoer waarna hy beter geword het. Op 3 Oktober 1967 het hy egter ’n beroerte gekry en was so zwak daarna dat sy regsverteenwoordiger in Desember namens hom sy bedanking as verkose Staatspresident moes aankondig.
 
== Kultuurlewe ==
Dönges het hom deurentyd beywer vir die [[Afrikaner]]saak en op politieke, kulturele en ekonomiese gebied diep spore getrap deur leiding te gee in die opheffing van sy volk wat in vele opsigte nog tweede viool moes speel teen die Engelse.
 
Hierna het hy egter ’n tyd lank op die voorpunt van kulturele en ekonomiese gebeure beweeg. Hy het ’n prominente rol in die [[Afrikaner-Broederbond]] en die [[Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge|FAK]] gespeel en in die veertigerjare gevorder tot ondervoorsitter van albei organisasies. Toe die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 3 tot 5 Oktober 1939 in [[Bloemfontein]] vergader, het hy die referaat ''Die mobilisering van die kapitaal- en spaarkrag van die Afrikaner'' gelewer. Met die stigting van die Ekonomiese Instituut op 1 Desember 1939, wat ’n uitvloeisel van die Volkskongres was, is Dönges vanweë sy kennis opgeneem in die dagbestuur wat moes toesig hou oor die fondse van die [[Reddingsdaadbond]], waarvan hy ’n stigterslid sowel as lid van die uitvoerende raad was. Met die ontstaan van die [[Afrikaanse Handelsinstituut]] (AHI) in 1942 het hy in die uitvoerende raad van dié liggaam gedien, terwyl hy eweneens ’n stigters- en direksielid van Federalde Volksbeleggings was.
 
Benewens die bogenoemde was Dönges ook voorsitter van die Kaapstadse Skakelkomitee van Afrikaanse Kultuurverenigings en was hy ook ’n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SABRA) in 1948. Hy was verder ook lid van die Sentrale Monumentekommissie, lid van die sentrale komitee van die Taalmonument en Taalstudiefonds, erelid van die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] van 1963 af en van 1959 tot 1968 kanselier van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het ook op die direksies van die [[Nasionale Pers]], [[Voortrekkerpers]] en ''New Era'' gedien.
 
== Privaatlewe en laaste jare ==
[[Lêer:The State Funeral of Dr. T. E. Donges 03Jan1968.jpg|thumb|left|250px|Staatsbegrafnis van Dr. Dönges]]
Op sportgebied het Dönges graag [[rugby]], [[tennis]], [[krieket]] en [[gholf]] gespeel. As student was hy die kaptein van die Universiteit van Stellenbosch se krieketspan en later ook ’n paar jaar lank kaptein van die parlement se krieketspan.
 
Dönges is op 10 Januarie 1968 na agt maande in die Groote Schuur-hospitaal oorlede. Hy is met staatseerbetoon vanuit die [[Groote Kerk]] in Kaapstad, waar hy vir sessie jaar as diaken en ouderling gedien het, op 15 Januarie 1968 begrawe met die teraardebestelling in Stellenbosch.
 
In 1959 het die Universiteit van Stellenbosch aan hom ’n ere-LL.D.-graad toegeken. In 1969, ’n jaar na sy dood is sy nagedagtenis geëer deur ’n afbeelding van hom wat op die eenrandmuntstuk van daardie jaar aangebring is. Op [[Kraaifontein]] is die [[Hoërskool Eben Dönges]] na hom vernoem en op [[Bothaville]] die [[Primêre Skool Eben Dönges]]. In [[Worcester]] is die Eben Dönges-hospitaal (nou die Worcester-hospitaal) ook na hom vernoem.
 
Dönges is op 30 September 1926 getroud met Johanna Catharina Louisa (Billie) Schoeman, dogter van J.H. Schoeman, Volksraadslid vir Oudtshoorn, en twee dogters is uit die huwelik gebore.
 
== Werke gepubliseer ==
* ''The liability for safe carriage of goods in Roman Dutch law'' (1928)
* ''Municipal law'' (1940) saam met regter L. de V. van Winsen
* ''Die toekomsrol van die Reddingsdaadbond in ons ekonomiese lewe'' (1943)
* ''The new South African citizenship'' (1949)
* ''The greater issue behind the dispute over South-West Africa – South Africa’s appeal to UNO'' (1952)
* ''Die Afrikaanse gedagte en die draers daarvan'' (1953)
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
* {{cite book |last=Swart |first=M.J. |coauthors=Venter, W.J. |editor=Beyers, C.J. |title=Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek |origdate= |origyear=1987 |format=Hardeband |publisher=Chris van Rensburg nms. die RGN |location=Pretoria |language=Afrikaans |isbn=0796904197 |pages=962 }}
* {{cite book |last=Schoeman |first=B.M. |title=Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika, 1910-1976 |origyear=1977 |format=Hardeband |publisher=Aktuele Publikasies |location=Pretoria |language=Afrikaans |isbn=0620023686 |pages=513 }}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.edonges.org.za/ Tuisblad van Hoërskool Eben Dönges]
* [http://www.ebendonges.co.za/ Tuisblad van die Primêre Skool Eben Dönges]
* [http://www.westerncape.gov.za/eng/directories/facilities/6444/20132 Inligtingsblad oor Worcester-hospitaal]
 
{{beginboks}}
{{eindboks}}
 
{{DEFAULTSORT:DongesDönges, Eben}}
{{Suid-Afrikaanse-politikus-saadjie}}
 
{{DEFAULTSORT:Donges, Eben}}
[[Kategorie:Eerste Ministers van Suid-Afrika]]
[[Kategorie:Staatspresidente van Suid-Afrika]]
12 019

wysigings