Verskil tussen weergawes van "Eben Dönges"

188 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Dönges is op 10 Januarie 1968 na agt maande in die Groote Schuur-hospitaal oorlede. Hy is met staatseerbetoon vanuit die [[Groote Kerk]] in Kaapstad, waar hy vir sessie jaar as diaken en ouderling gedien het, op 15 Januarie 1968 begrawe met die teraardebestelling in Stellenbosch.
 
In 1959 het die Universiteit van Stellenbosch aan hom ’n ere-LL.D.-graad toegeken. In 1969, ’n jaar na sy dood is sy nagedagtenis geëer deur ’n afbeelding van hom wat op die eenrandmuntstuk van daardie jaar aangebring is. Op [[Kraaifontein]] is die [[Hoërskool Eben Dönges]] na hom vernoem en op [[Bothaville]] die [[Primêre Skool Eben Dönges]]. In [[Worcester]] is die Eben Dönges-hospitaal (nou die Worcester-hospitaal) ook na hom vernoem. In [[Benoni]] is ’n [[Voortrekkers (organisasie)|Voortrekkerkommando]] wat sy naam dra.
 
Dönges is op 30 September 1926 getroud met Johanna Catharina Louisa (Billie) Schoeman, dogter van J.H. Schoeman, Volksraadslid vir Oudtshoorn, en twee dogters is uit die huwelik gebore.
 
== Werke gepubliseer ==
[[Lêer:R1 Eben Dönges.jpg|thumb|right|200px|Eenrandmuntstuk met die profiel van dr. Dönges.]]
* ''The liability for safe carriage of goods in Roman Dutch law'' (1928)
* ''Municipal law'' (1940) saam met regter L. de V. van Winsen
12 020

wysigings