Verskil tussen weergawes van "Oos-Berlyn"

25 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
k
Die "arbeiderspaleise" in die Große Frankfurter Straße, wat op 21 Desember 1949 ter geleentheid van Josef Stalin se 70ste verjaardag tot Stalinallee hernoem is, was daarop gemik om die ekonomiese mag en ingenieursvernuf van die Duitse Demokratiese Republiek te versinnebeeld. Die Stalinallee is saam met die Frankfurter Allee een van agt strate wat vanuit die historiese stadsentrum, die Hackescher Markt en Alexanderplein, stervormig na die noorde, noordooste en ooste loop.
[[Beeld:Berlin karlmarxallee kl.jpg|thumb|left|220px|Die Karl-Marx-Allee (vroeër: Stalinallee), 'n pragtige voorbeeld van die Sosialistiese realisme, die oorheersende boustyl in die 1950's]]
Ter voorbereiding van die bouprojek in Stalinallee het 'n afvaardiging na Moskou, [[Kiëf]], Stalingrad (tans [[Wolgograd]]) en Leningrad (tans [[Sint Petersburg]]) gereis om voorbeelde van stadsbeplanning in die Sowjetunie te bestudeer. By die kompetisie in 1951 het die argitek Egon Hartmann die eerste prys ingepalm. Alhoewel sy wenontwerp geblyk het om die beste oplossing te wees, is uiteindelik saam met die ander vier wenners, Richard Paulick, Hanns Hopp, Karl Souradny en Kurt Leucht die finale bouplan ontwerp. Vir hierdie ontwerp het ook die Moskouse argitek Alexander W. Wlassow en die Visepresident van die Akademie vir Argitektuur, Sergej I. Tsjernisjef, 'n bydrae gelewer.
 
Die geboue in Stalinallee toon ten opsigte van hul boustyl baie ooreenkomste met die Lomonossof-universiteit in Moskou en die Kultuurplaleis[[Paleis van Kultuur en Wetenskap]] in [[Warskou]]. Reeds in 1952 het digby die Karl-Marx-Allee 'n wolkekrabber (Duits: ''Hochhaus an der Weberwiese'') volgens 'n ontwerp van Hermann Henselmann ontstaan wat as argitektoniese riglyn van die straat sou dien.
 
Die breë Stalinallee sou nie uitsluitlik tot die stadsverkeer beperk bly nie, maar het Berlyn se rol as hoofstad onderstreep en was daarnaas ook 'n uiters geskikte laan vir opmarse en parades. Die laan loop oor 'n afstand van een kilometer reguit en word deur groot woonstelblokke met tot by dertien verdiepings omsoom. Om ideologiese redes het die boumeesters aanspraak daarop gemaak om Berlyn se argitektonies-historiese erfenis te eerbiedig en die fasades onder van meer stylelemente van die Berlynse Klassisisme van 120 jaar gelede voorsien. Ander stylelemente, waaronder Doriese en Ioniese suile, versierde gewels met argitrawe en friese, is uit die antieke boukuns ontleen.
104 981

wysigings