Verskil tussen weergawes van "Suurbraak"

96 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Onder die Khoi-bewoners het hierdie plek as Xairu bekendgestaan. Dit het verwys na die pragtige natuurskoon van die omgewing. Caledon Instituut was die aanvanklike naam van die sendingpos aangesien goewerneur Caledon sy toestemming tot die stigting daarvan verleen het. Die huidige naam Suurbraak verwys na die "sour brake", die varings wat vandag nog volop in die vleigrond voorkom.
 
Met die sensus van 1891 in die Kaapkolonie was daar 1 100 mense in die dorp. Meer as die helfte van die huidige 2 000 inwoners is onder 20 jaar oud. Die dorp het 'n laerskool, kleuterskool, poskantoor en 'n biblioteek. Daar is ook 'n meubelfabriek wat werk verskaf aan van die inwoners. Die meeste inwoners werk op plase in die omgewing of op naburige dorpe.
 
Die dorpie is 'n lintdorp in 'n pragtige vallei onder reuse eikebome geleë met 'n stroom wat deur die dorp loop. Die natuurskoon, wat fynbos en 'n ryk voëllewe insluit, en geboue uit die stigtingsperiode, waarvan sommige gerestoureer is, sowel as die leefstyl van die mense, leen die dorpie tot ekotoerisme. Baie van die inwoners gebruik nog houtstowe, met uitheemse indringerplante uit die omgewing as gerieflike brandstof. Van die kleiner plase om die dorpie gebruik nog perdaangedrewe ploë.
 
==Bibliografie==
4 184

wysigings