Verskil tussen weergawes van "Cillié Malan"

69 grepe bygevoeg ,  8 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
| Sterfteplek = [[Strand]], [[Wes-Kaap]]
| Kerkverband = [[Nederduitse Gereformeerde Kerk|Nederduits Gereformeerd]]
| Gemeente = [[NG gemeente Bezuidenhoutsvallei|Bezuidenhoutsvallei]], [[Hermanus]], [[NG gemeente Brixton|Brixton]], [[Memel]], [[NG gemeente Barkly-Oos|Barkly-Oos]], Vanderbijlpark-Wes, Noordwesrand (tans Muldersdrif)
| Jare aktief = 1949-1984
| Kweekskool = [[Kweekskool]], [[Stellenbosch]]
Op [[23 April]] [[1949]] word hy met handeoplegging in die toe vyf jaar oue [[NG gemeente Bezuidenhoutsvallei]] in die ooste van [[Johannesburg]] ontvang en bevestig. Hy vertrek hierna na Hermanus waar hy bevestig word op [[14 Maart]] [[1953]], ses dae voor sy 34ste verjaardag. Ook hier arbei hy net enkele jare, want op [[21 Januarie]] [[1956]] bevind hy hom terug in die Goudstad, nou aan die teenoorgestelde kant van die middestad, toe hy leraar van die [[NG gemeente Brixton]] word.
 
Ná slegs twee jaar vertrek hy na die klein Oos-Vrystaatse dorpie [[Memel]] waar hy leraar bly van 1958 tot 1962. Sy volgende gemeente is [[NG gemeente Barkly-Oos|Barkly-Oos]] in die bergwêreld van die Noordoos-Kaap. In 1966 keer hy weereens terug na [[Transvaal]] as leraar van die NG gemeente Vanderbijlpark-Wes. In sy laaste gemeente, Noordwesrand (tans Muldersdrif), bly hy die langste, naamlik van 1970 tot hy sy emeritaat aanvaar op [[9 Mei]] [[1984]] toe hy reeds meer as 65 jaar oud was. Hierna is hy nog as pastorale hulp in die gemeentes Margate (in [[KwaZulu-Natal]]) en Waterberg-Noord (op [[Vaalwater]] in die destydse Noord-Transvaal) behulpsaam. In sy 35 jaar lange bediening het hy dus in gemeentes in sewe van die huidige 10 Sinodes gewerk: Wes-en-Suid-Kaapland, Oos-Kaapland, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Wes-Transvaal, Noordelike en Hoëveld.
 
==Persoonlike lewe==
* [[1956]] - [[NG gemeente Brixton|Brixton]]
* [[1958]] - [[Memel]]
* [[1962]] - [[NG gemeente Barkly-Oos|Barkly-Oos]]
* [[1966]] - Vanderbijlpark-Wes
* [[1970]] - [[9 Mei]] [[1984]] - Noordwesrand (tans Muldersdrif)
84 885

wysigings