Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
Die '''Olimpiese Somerspele van die XIe Olimpiade''' word in [[1936]] in [[Berlyn]], [[Duitsland]] gehou. Berlyn was in [[1931]] deur die [[Internasionale Olimpiese Komitee|IOK]] verkies bo [[Barcelona]]. Berlyn het 43 stemme gekry teenoor Barcelona se 16.
 
Toe [[Adolf Hitler]] in Januarie [[1933]] aan die bewind kom as kanselier, gaanklink daar stemme op om die Spele na 'n ander land te skuif. In die [[Verenigde State]] was daar selfs 'n veldtog om die Spele te boikot. [[Avery Brundage]], die voorsitter van die Amerikaanse Olimpiese Komitee, spreek homself uit teen 'n verskuiwing van die Spele en hy kry daarby die steun van [[Pierre de Coubertin|De Coubertin]].
 
Hoewel die Spele dus aan Berlyn toegeken word voordat die [[Nazi]]'s in Duitsland aan die bewind kom, sien die owerheid die Spele as 'n geleentheid om sy [[fascisme|fascistiese]] ideologie uit te dra. [[Leni Riefenstahl]] word aangestel om 'n film te maak oor die Spele. Die film ''[[Olympia (film)|Olympia]]'' kan bestempel word as [[propaganda (kommunikasie)|propaganda]], maar gebruik 'n aantal tegnieke wat tot hede nog nie in sportfilms gebruik was nie. Om soveel moontlik oorwinnings te verseker, stel die Duitse owerheid [[anaboliese steroïde]] en [[testosteroon]] aan hulle atlete beskikbaar. Hoewel Duitsland die Spele domineer, word oorwinnings deur atlete van ander lande gesien as 'n weerlegging van die rassistiese Nazi-filosofie. In die besonder geld dit vir die vier goue medaljes wat die swart Amerikaan, [[Jesse Owens]] verower het.
84 100

wysigings