Verskil tussen weergawes van "Atlas Shrugged"

1 652 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Atlas Shrugged''' is 'n boek geskryf deur [[Ayn Rand]] en is vir die eerste keer in 1957 in die V.S.A gepubliseer. Die boek was haar laaste en ook langste novelle en word allerweë as haar [[magnum opus]] beskou.<ref>Rand, Ayn. ''[[Journals of Ayn Rand]]'', geredigeer deur David Harriman. (1997) Dutton. ISBN 0-525-94370-6 p.704 Harriman haal Rand aan uit 'n onderhoud in 1961 waarin Rand sê, "''Atlas Shrugged'' was die hoogtepunt en voltooiing van die doel wat ek aan my self op die ouderdom van nege gestel het. Dit is 'n uitdrukking van alles wat ek in die skryf van fiksie wou sien."</ref> ''Atlas Shrugged'' sluit elemente van misterie en wetenskapsfiksie in <ref>{{Cite book|last=Gladstein |first=Mimi |title=The New Ayn Rand Companion |publisher=Greenwood Press |location=Westport |year=1999 |isbn=0-313-30321-5 |page=42}}</ref> en dit bevat die mees omvangryke beskrywing van haar filosofie van [[Objektivisme]].
 
Die boek handel oor 'n fiktiewe distopiese [[Verenigde State]] waar 'n groep van die samelewing se mees produktiewe burgers wat uit protes teen uitbuiting en toenemende belastings uit die samelewing verdwyn. Hulle word gelei deur John Galt. Galt beskryf die doelwit van die staking as om die "motor van die wêreld" tot stilstand te bring deur die breinkrag te onttrek wat die samelewing se groei en produktiwiteit aandryf. Hierdie mense, "van verstand" hoop om die wêreld te wys dat 'n beskawing waar die indiwidu nie vry is om te skep nie gedoem is en dat 'n samelewing waar elke mens 'n slaaf van die regering en die samelewing is, nie kan bestaan nie en dat die vernietiging van die winsmotief die ineenstorting van 'n beskawing tot gevolg het.
 
In die verhaal sien die hoofkarakter, Dagny Taggart, hoe die samelewing rondom haar ineenstort soos die regering meer en meer beheer oor besighede en nywerhede uitoefen.
 
Die boek se titel is 'n verwysing na [[Atlas]], 'n [[Titaan]] uit Griekse mitologie, wat in die verhaal beskryf word as 'n "reus wat die wêreld op sy skouers dra".<ref>Soos opgeteken staan in Hesiod se ''Teogonie'' hou Atlas die hemel omhoog as straf vir sy oorlogvoering teen [[Zeus]].</ref>. Die betekenis van die verwysing word duidelik in 'n gesprek tussen twee karakters in die boek, naamlik Francisco d'Anconia en Hank Rearden, waarin d'Anconia Rearden vra watter advies hy Atlas sou gee as hy sou waarneem dat hoe harder hy probeer om die wêreld op te hou, hoe swaarder die las word. Rearden kon nie 'n antwoord verskaf nie en d'Anconia gee hom sy eie antwoord: dit is dat hy moet afskud (oftewel shrug in Engels).
 
==Verwysings==
8 945

wysigings