Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

8 grepe verwyder ,  7 jaar gelede
k
→‎Biografie: verwyder onnodige rooi skakel
==Biografie==
 
'''Pous Leo XIII'''<ref> De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.</ref> is gebore as [[Vincenzo Gioacchino Raffaele Luigi Pecci]] (hy word algemeen [[Gioacchino Pecci]] genoem) op [[2 Maart]] [[1810]] in [[Carpineto Romano]], [[Kerklike Staat]]. Die dorpie lê net suid van Rome en was toe deel was van die Franse keiserryk. Hy was die sesde van sewe kinders van graaf Ludovico Pecci en sy vrou Anna Prosperi Buzzi, ‘n gesin van lae adel. Hy was die broer van kardinaal Giuseppi Pecci. Hoewel sy lae adelstand hom nie daarvoor kwalifiseer nie, word hy tog opgelei aan die Accademia dei Nobili (Akademie vir die adel). Hy word priester op [[31 Desember]] [[1837]] nadat hy op [[14 Februarie]] [[1837]] al aangestel is as persoonlike priester van die pous. Op [[27 April]] [[1843]] word hy aartsbiskop van Damietta. Hy maak vinnig opgang en op [[28 Januarie]] [[1843]] word hy nuntius in [[België]]. Koning Leopold I van België was die protestante matig gesind. Pecci instigeer die oprigting van die Belgiese Pouslike Kollege in Rome in 1844. Hy kom in konflik met die liberale party in België en meng hom in met die skoolstryd. Koning Leopold versoek die Vatikaan om hom terug te roep in 1846. Pecci word toe aartsbiskop van Perugia op [[27 Julie]] [[1846]]. Hy word bekend vir sy bestryding van die anti-klerikale wetgewing in Italië en die bevordering van die neo-thomisme (die teologie van Thomas van Aquinas).
[[Beeld:GiuseppePecciLeoXIII.jpg|thumb|right|Kardinaal Pecci]]
Op [[19 Desember]] [[1853]] word hy kardinaal met die basiliek San Crisogono in Trastevere as sy titelkerk. Op [[20 Februarie]] [[1878]] volg hy [[Pous Pius IX]] op en word gekroon op [[3 Maart]] [[1878]]. Hy regeer tot sy dood op [[20 Julie]] [[1903]] en word opgevolg deur [[Pous Pius X]].
10 600

wysigings