Verskil tussen weergawes van "Nederduits"

2 grepe verwyder ,  9 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (It wasn't the correct.)
k
}}
 
Die term '''Nederduits''' (in die duitse taalkunde: ''Niederdeutsch''; Nederduits: ''NedderdüütschNedersaksisch'' of ''Plattdüütsch''), wat in die omgangstaal dikwels ook Platduits (Duits: ''Plattdeutsch'') genoem word, verwys na die dialekte van Noord-Duitsland en Nedersaksiese dialekte in Nederland wat nie die Hoogduitse klankverskuiwing ondergaan het nie en vandag deur sowat 5 miljoen mense gepraat word.<ref>[http://www.uni-bielefeld.de/lili/personen/akenter/jwirrer/arbeitsschwerpunkte.html Webwerf van die Fakulteit Taalwetenskap en Literatuurwetenskap van die Universiteit van Bielefeld (Noordryn-Wesfale, Duitsland)]</ref>
 
Die Nederfrankiese en Nedersaksiese dialekte in Nederland is tot in die 1980's eweneens by die Nederduitse taalgebied gereken; in die moderne taalkunde word [[Nederfrankies]] deur die meeste navorsers intussen as 'n aparte taal- en dialekgroep beskou en vanweë die selfstandige taaltradisie van Nederlands nie meer by Nederduits gereken nie. Die dialekte van Noordoos-Nederland word dus as Nederlandse dialekte geklassifiseer, veral met die oog op die groot invloed wat ''Algemeen Beschaafd Nederlands (ABN)'' as Nederlandse standaardtaal op hulle uitoefen (net soos Standaardhoogduits op Nederduits).<ref>Goossens, Jan: ''Niederdeutsche Sprache: Versuch einer Definition''. In: ''Niederdeutsch: Sprache und Literatur''. Neumünster: Karl Wachholtz 1973, bl. 9-27</ref>
68

wysigings